GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Lesers sê Gay@LitNet is vreeslik genotvol

Menings van lesers

PIETA VAN BEEK skryf oor Egon se nuusbriewe uit Israel:

"Egon heb ik ooit een paar keer hier in Stellenbosch ontmoet, en ik was erg benieuwd hoe het met haar leven verlopen is sindsdien. Ook al zijn de brieven van Egon niet per se literair (maar van dat esthetisch etiket zijn we vandaag de dag toch af), ze geven een uitstekend beeld van een vrouw die de moed had om uit een uitzichtsloos Zuid-Afrikaans huwelijk te stappen en een nieuw o zo fragiel en hartverwarmend begin te maken als gay-vrouw in Israel. In de Gay@LitNet-brief ("'n Goeie adres vir gay moeders oor vyftig") van vandaag las ik ook zeer gefascineerd over haar ontmoeting met Palestijnse gay-moslemvrouwen. Laat ze dus alsjeblieft doorgaan met schrijven over haar boeiende nieuwe leven. En doe haar de hartelijke groeten!"

HENNIE VAN DEVENTER oor Jurg Slabbert se "Al dansend in die donker":

"Sy kortverhaal is vir my amazing om twee redes: Eerstens, dit is 'n tegnies indrukwekkende teks; die werk van 'n beginner maar met 'n sterk gevoel vir struktuur. Hy is duidelik ernstig oor die skryfkuns en ek sien uit om hom te lees wanneer hy meer geoefend en gedissiplineerd is. Maar tweedens, en belangrikste, ek is deur die teks geraak nie as gevolg van die hard-hitting inhoud nie, maar die skrywer se kapasiteit. Die Jurg wat ek op universiteit geken het sou hierdie nie kon geskryf het as hy steeds gebuk gegaan het onder die verskrikking van Calvinisme en die Afrikaner se onderdrukkende lewensuitkyk nie. Hy moes na 'n ander kontinent gaan om homself te kan wees, and now there's clearly no stopping him. Dit het my herinner aan die bevryding daarvan om aan die wêreld, en jouself, te erken jy's gay en die dinge wat daarna in jou kop gebeur: die erkenning van jou eie waarde en waartoe jy alles in staat is en dan die uiteindelike besef dat mense actually nie 'n fok omgee of jy 'n moffie is of nie. Solank jy happy is.

"Keep up the good work, ek geniet Gay@LitNet baie. Julle doen belangrike werk."

ANDRIES VREY het gereageer op die gedig van Hennie Aucamp oor Johan van Rooyen met die bydrae "Die oom was so in 'n toes". Hy voeg by:

"Ekself hou gereeld julle blad op LitNet dop, en geniet dit vreeslik. Ek sou net meer gereeld wou sien dat nuwe werk (resensies/poësie/essays) verskyn. Doen so voort!"

ED ANDERSON het navraag gedoen oor COBUS VAN DER MERWE se "Bloedspoor" en groet met:

"Millions of thanks for publishing a great web literary journal."

WILLIE KNOETZE reageer op DAAN BOTHA se Bybelse waarskuwing teen 'n gaylewe in "Kyk, skrywers, die lesers reageer":

"Liewe Daan,
Ek lees jou versies (weer) soos jy gepredik het. Het jy 'Die mens het nog nie by die waarheid van God uitgekom nie' gelees? Net gewonder."

THYS DE BEER stuur 'n verhaal en laat weet:

"Ek geniet die bydraes, en dis verfrissend om te sien dat gayliteratuur nie by dierlike seks in parke en ander publieke plekke gestagneer het nie!"

Onlangs lees hy "van twee Amerikaners wat romantiese gay-novelles skryf (amper soos Ena Murray of Barbara Cartland se werk, maar vir die moderne gay)."

DANIE BOTHA reageer:

"Boekhandelaars was nie geesdriftig toe ek sulke boeke vir gay mans onder die Homeros-embleem tot 2002 wou publiseer nie. Daar's geredeneer dat heteroseksuele mans nie ligte liefdesverhale lees nie; daarom sal gay mans dit ook nie doen nie. Sal gay vroue dan gayverstrooiingsromans verwelkom? Resensente het ook byna deurgaans die hoogste letterkundige standaarde gesoek in die enkele verstrooiingsromans wat wel verskyn het; hulle het die boeke nie getoets aan dit wat dit wil wees nie. Ek hoor graag of daar 'n aanvraag na sulke boeke is. En moet ons meer lekker romantiese tekste op Gay@LitNet plaas?"

Lesers het die e-pos-adresse aangevra van JACOB MEIRING, JURG SLABBERT, COBUS VAN DER MERWE, CHRISTA VAN VUUREN, STEFANUS STEPHANUS NEL, EGON en JOHANN ROSSOUW. Ons beleid is om dit nie te verskaf nie, maar omdat ons die belangstelling in ons blad waardeer, stuur ons die pos aan na die skrywers wat dan kan besluit om te reageer.

Nog 'n beleidsaak. Ons moedig nie die gebruik van skuilname aan nie, maar as dit noodsaaklik is, aanvaar ons dit wel. Verkieslik moet die skuilnaam ook "normaal" voorkom met 'n naam en 'n van, veral by verhale, gedigte en artikels.

DANIE BOTHA




LitNet: 20 Julie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.