GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Dis my storie dié: 2

Die masseur laat hom nie twee maal nooi nie

Hein van der Lecq

Woensdag by die werk en nie veel te doen nie. 'n Gefrustreerde getroude man 40+ en lus vir 'n bietjie avontuur. Soek rond op die internet en besluit op die ingewing van die oomblik op 'n Sweedse massering. Ek skakel vir Jean en maak 'n afspraak vir 1 nm. Hou van sy gesig en ook die stem. Nadat hy my sy adres gegee het, moet ek so gou moontlik in Seepunt kom vanuit die noordelike voorstede. Haas my na die parkeergarage en moet hard probeer om nie die spoedgrens te oorskry nie. Soos die duiwel dit wil hê, is hulle nog steeds besig met padwerk op die N1 en ek verwens myself dat ek nie liewer die R300-N2-roete gekies het nie.

Uiteindelik is ek in Seepunt en merk op dat Graaff se poel ook deel geword het van die geskiedenis. Twee eensame ouens omhels mekaar agter die oorblyfsels van die muur.

Ek parkeer aan die see se kant en stap oor die straat na die woonstel wat Jean aangedui het. Druk die sekuriteitsknoppie by die hoofingang en wag op sy reaksie. Ná 'n vriendelike "Kom binne" stoot ek die deur oop, die een wat toegang bied tot 'n nuwe ervaring. Hardloop die trappe sommer twee-twee op tot op sy verdieping. Soek die korrekte nommer en kry vir Jean by die deur in 'n wit frokkie en PT- broekie. 'n Mooigeboude man, nie te jonk nie en ook nie te oud nie. Hy nooi my vriendelik in na die kamer waar die masseertafel reeds gereed staan. Hy wys waar ek my klere kan hang en maak verskoning om gou sy hande te gaan was. Ek is so kalm, ten spyte van hierdie nuwe ervaring wat op my wag.

Ek gaan lê op die tafel en Jean gooi die groen handdoekie oor my wit, kaal boude. Snaaks, dit is nie eers koud nie, ten spyte van die winterreëns daarbuite. Ons begin sommer spontaan gesels asof ons mekaar ken en ek vertel hom van my gesin, waar ek grootgeword het in die Karoo - 'n lekker ysbrekergesprek soos die geleerdes dit mos noem.

Jean het reeds begin om my rugspiere 'n bietjie los te maak met hande wat weet wat hulle doen. Tydens ons gesprek vertel ek hom ook dat ek baie daarvan hou om kaal in die huis rond te loop, asook buite in die natuur. Jean laat hom nie twee maal nooi nie en, sonder om die sessie veel te onderbreek, lê hy sy klere op die stoel. Sjoe, dit het ek nie verwag nie, maar dit maak dit net veel meer opwindend. Terwyl hy my bene van onder af masseer, kan ek voel dat hy sy geslag teen my voet druk. Ek laat my nie weer nooi nie en beantwoord dit met 'n speelse streling en krieweling van sy sak en penis met my tone. Ek kan hoor dit is vir hom lekker aan die asemhaling wat onmiddellik verander hier bokant my.

Die rugsessie is ná 'n goeie halfuur verby en ek draai om en lê nou op my rug en kan ook dophou hoe Jean met my werk. Teen hierdie tyd kan hy baie duidelik sien aan my stywe penis dat ek dit meer as geniet. Die massering vorder tot by my maag en Jean buk af en begin suig en lek waar dit saak maak. Ek sukkel om myself in te hou, maar die volgende oomblik spuit die wit saad oor my maag. Ek het ook nou al begin om met Jean se penis te speel. Jean maak skoon waar die saad geland het en gaan voort met die sessie. Dit is wonderlik en ek voel hoe ek weer styf word. Jean suig en lek so heerlik dat my tone omkrul en, jou werklikwaar, binne 'n halfuur skiet ek 'n tweede keer.

Jean kan nie glo dat 'n man van my ouderdom dit in so 'n kort tydjie kan regkry nie, maar dit het gebeur en ek is self verbaas. Die massering is nou so bietjie op die agtergrond. Jean buk oor en ons soen. Heerlik die grofheid van sy effense baardjie en sy manlike smaak. Ons druk en soen mekaar soos net manne dit met mekaar kan doen.

Die masseersessie eindig met Jean se strelende, sagte vingers wat oor my lyf gly van nek tot tone. En ons wat soen voordat ek opstaan, voor ons aantrek en voordat ek vertrek. Helaas.

Dis my storie dié

Ons nooi jou uit om ons te vertel van gawe en/of gruwelike gay- en/of biseksuele ervarings wat jy al in jou lewe gehad het of van weet. As jy van ander s'n vertel, verdoesel maar name, tye en plekke om hulle dalk verleentheid of ergernis te spaar. Niegays kan gerus ook van interessante gays of biseksueles in hulle lewens vertel. Ons wil graag hoor van mans en vroue uit alle Suid-Afrikaanse kultuurgroepe - met Afrikaans of Engels as kommunikasiemedium. Mense wat nie maklik sal wil skrywe nie, of nie rekenaar- en internetvaardig is nie - praat hulle om en teken hulle stories vir ons op. Skuilname is toelaatbaar, solank dit uit 'n naam en 'n van bestaan. Foto's is welkom - ook dié uit toeka se dae. Die doel is om ons geskiedenis op te teken. Stuur alles aan dbbotha@mweb.co.za.



LitNet: 16 Augustus 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.