GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Ek dag ek sê net koebaai

Johan van Lill

Hy gaan eerste in, toe jy. Jy druk die toiletdeur saggies agter jou toe. Sy lippe kom hard op joune neer en hy soek jou tong met syne. Hy vind dit, en jou wêreld gaan staan stil. Die gedagte aan die moontlikheid dat julle gevang kan word, skuif agtertoe in jou kop. So what, jy sal so ’n konfrontasie net hardegat en so vinnig as moontlik probeer verby kry. In elk geval help dit nie om nou daaroor worry nie. Jy speel met jou tong tussen sy tande. Jy ken hom nie. Maar jy is beïndruk, want hy soen lekker. Iets in jou agterkop kla jou aan, want jy doen nooit goed soos dit nie. Jy tel nie mense in toilette op nie. Maar aan die ander kant is jy ook nie gewoond aan sulke soene nie; dié wat jy ken, is stywe, gespanne soene. Jy het hulle maar léér geniet en eintlik dit wat jy nou ervaar, afgesweer. Sy lyf druk hard teen joune. Jy voel sy ereksie deur sy broek. Dit verras jou, want jy het al vergeet dat jy so ’n reaksie by iemand anders kan veroorsaak. Julle ereksies skuur deur die klere teen mekaar, laat dit klop van die verdere bloedtoevloei wat dit teweeg bring.

Jy gaan die uitsig hier vanaf die balkon voor die slaapkamer mis. Die sonsondergang is so pas verby en nié net die dag onder in die vallei is besig om klaar te maak nie. Vanoggend se gebeure voel so vér, maar jy kan nie help om telkens daaraan terug te dink nie. Jy glimlag. Dit het op die regte tyd gekom. Dis al wat jy nodig gehad het en jy weet nou jy moes dit al lankal gedoen het.

Ek hoor die geruis van die elektroniese garagedeur terwyl dit stadig oopgaan, daarna hoe die motor se dreuning sterker word net voor dit ophou, en dan hoe die garagedeur toegaan. Nou steek ek die kersie langs my aan. Sy aktetas klik soos altyd op die eetkamervloer wanneer hy dit neersit. Ek skuif my reg op my stoel en vee met my palms oor my skoot. En wag. Eintlik wil ek nie hieraan dink as wag nie — dit voel eerder asof ek oorgehaal is.

Jy voel skielik vir die eerste keer in jare vir iemand mooi en sexy. Dit gee jou selfvertroue en jy streel met jou hande oor sy onbekende en opwindende rug. Sy spiere onder jou vingers tril sterk en hy druk hewiger teen jou aan. Jy proe sy lippe. Jy proe sy tong. Jou hande beweeg af tot by sy boude, voel die stewigheid .Jy sug. Haal diep asem en in jou kop sing dit en wil jy lag van die uiteindelike erkenning dat iemand ’n begeerte na jou het. Jy trek sy lyf, wat al ritmies teen jou pomp, stewig teen jou vas en begin sy polsende bewegings te volg. Die wrywing maak jou piel nog stywer.

Jy sug. Jy het reeds vroeg in julle verhouding geleer dat jy hom nie kan verlei nie. Jy het hom baie keer beskuldig daarvan dat hy jou nie bemin nie. Hy het dit geïnterpreteer dat jy net meer seks wil hê. En dit was tog nooit wat jy bedoel het nie. Dan is jy as oversexed uitgeskel. En troetelseks, die bemin my met jou hande, oë en lyf, het eenvoudig nie bestaan nie.

Die stilte onder in die huis word verbreek deur sy geroep na jou. Jy antwoord nie, want hy sal jou tog nou-nou hierbo kom soek. Jy hoor voetstappe op die terracotta-vloer wat hy laat lê het, met ondervloerse verhitting vir die koue huis. Nie dat dit ooit gehelp het nie — dis jou persepsie, sê hy altyd as jy sou kla. Eintlik is alles wat verkeerd is, jou persepsie van dinge en nie soos hy dit sien nie. Tog is hy jou sielsgenoot en vriend. Dis hoekom jy al die jare by hom gebly het. Oor julle geselskap. Daarvoor het jy dit waarna jou liggaam gesmag het, opgegee.

Die spanning raak te veel en jy wens dit was nou oor. Jy moet kort-kort keer om nie sommer self vir jou van die sjampanje te skink nie. Nugter bly. Jy weet wat jy wil uitvind. Jy het dit so deeglik beplan en niks moet nou skeef loop nie. Jy kyk rond om jou aandag af te lei. Sien die stoel langs joune. Sy stoel wag vir hom. Tussen hulle is ’n klein tafeltjie waarop jy twee glase en ’n bord met ingelegde mossels en verskillende soorte kase gerangskik het. Die kaasstukke presies ewe groot gesny soos hy daarvan hou. Miskien moet jy ’n stukkie eet. Die blokkies is egter te groot vir jou en jy tel die mes op, vat dit stewig vas en druk een in die helfte. Sal jy die moed hê om dit te doen? Jou vingers klamp om die hef van die mes. Om te loop vat soveel guts.

Hy maak sy mond los van joune en jy kry skielik koud, maar vergeet dadelik daarvan toe hy begin sukkel met jou broek se belt. Jy wil eers help, maar besluit dan hy kan self regkom en bepaal jou eerder by sy mond en lippe om jou groot dors te les. Dan val jou broek om jou enkels en jy wikkel syne maklik af. Julle piele soek-soek en vind mekaar uiteindelik. Die warmte van die ander se piel wanneer dit teen joune stamp, is verrassend. Jy druk julle twee voëlkoppe teen mekaar, skuur dit versigtig oor mekaar en glimlag wanneer sy liggaam ook ’n ligte rukkie gee van die sensasie. Sy nek lok jou aan en jy soek na die warm holtes agter sy ore, speel met jou tong onder sy oorlel en grom tevrede in jou keel terwyl jy hoendervleis onder jou wang voel.

Jy maak jou mond los en druk hom saggies op sy skouers sodat hy afsak grond toe. Jou piel smeek om gesuig te word. Hy snap dadelik wat jy soek en neem jou diep in sy mond. Jy voel hoe jy agter in sy keel met die warm sagtheid daarvan bots. Sy hande sluit om jou boude en hy wieg jou liggies vorentoe en agtertoe. Sy tong speel in sirkels om jou voëlkop, kruip liggies onder jou voorvel in wanneer dit oor die voorkop gaan. Jy vat hom stewig aan sy hare agter sy kop vas en beur jouself net nog dieper in sy warm mond. Hy druk jou dan effens terug en sit sy hand om jou piel en laat dit sy mond elke keer volg: vorentoe, agtertoe, vorentoe, agtertoe. Jy voel hoe die orgasme in jou lyf begin borrel en trek hom aan sy klere op na jou toe.

“O, hier is jy!” Hy gaan sit dadelik op die oop stoel en begin beur met die sjampanjebottel asof hy dit gebring het. Hy skink daarvan.

“Ek het vir jou gewag.” Jy sien in jou gedagtes die uitgeskryfde dialoog wat jy so sorgvuldig beplan het. Jy kom agter dat jy nog steeds die mes in jou hand vasklem en sit dit langs jou neer.

Jy draai hom dat sy rug op jou gekeer is, druk hom effens vooroor en sak op jou knieë agter hom. Jy soek met jou neus die poort tussen sy boude en trek die manlike reuk in jou neusvleuels op. Jy onthou dat jy nie dadelik moet lek nie. Rek dit uit so lank jy kan om die volle sensasie so stadig as moontlik oor jou te laat spoel. Jy volg die reuk dieper onder sy lyf na sy balsak toe en begin van ’n kant af met jou tong die frank smaak van sy vel hier te proe. Dan kan jy jou nie langer terughou nie en vind die holte en druk jou tong so diep daarin as wat jy kan.

Skielik draai hy om en trek jou regop. Hy gee vir jou ’n kondoom aan. Dra hy altyd een by hom? Jy het geen aanmoediging nodig nie. Jy glip dit oor jou voël en kry net genoeg kans om dit met spoeg nat te maak voordat hy kragtig sy boude teen jou druk en jy kan voel hoe hy onder jou oopbars en jou met een hou tot diep in hom neem. My hande gryp om sy heupe en ek begin ritmies in hom te pomp. Ek wou dit eers stadig en sagkens doen, maar hy druk so woes teen my dat ek nie beheer daaroor het nie. Hy hyg diep en hard. Jy fluister: “Sjuut”, maar hy hoor jou nie. “Netnou …”

Die badkamerdeur maak op daardie oomblik oop. Voetstappe vorder tot in die toilethokkie langsaan en die deur gaan toe. Jy versteen. Jy wil jou voël uit die warmte trek, maar hy keer jou. Jou hart klop verwoed. Jy voel hoe hy met sy anusspiere jou piel saggies masseer. Net hierdie effense drukking dwing jou amper oor die drumpel en jy moet hard konsentreer om nie te kom nie. Jy hoor ’n stewige straal die water langsaan tref en wil amper verlig sug, want jy weet dit gaan nie lank duur nie! Die toilet spoel hard, jy hoor ’n deur, ’n kraan, en voetstappe verdwyn in die gang af. Die deur skree saggies toe.

Die vaart waarteen hy skielik teen jou druk begin so onverwags dat jy byna dadelik kom. Jy bewe en die orgasme sny deur jou hele lyf. Jy ruk en stol van elke stuiptrekking wat uit jou onderlyf kom en voel hoe jou lading uitpomp. Skielik is al die geluide harder om jou. Jy besef wat so pas gebeur het. Jy trek jou stadig uit hom uit en sien op die teëls dat hy ook klaargemaak het. Jy fluister: “Haai, ek’s Ben!” Hy skud net sy kop en druk my saggies teen hom vas. Sy asem nog vlak hier in my nek.

“Hoe was jou dag?”

Jy skrik op uit jou gedagtegang. “Orraait, en joune?” Jy hou dit gewoon en terloops.

“Wonderlik. Ons het toe die deurbraak gemaak. Nou is dit net ’n kwessie van tyd, dan is nog ’n deal in die kan.” Hy sluk sy glas leeg en skink die laaste bietjie sjampanje uit die bottel daarin. Hy kom nie agter jy het byna niks gedrink nie. Sy wange verkleur van die drank. Hy gaan nou opstaan en jou hand vat. Wanneer hy dit dan ook byna dadelik doen, glimlag jy sag. Hy neem jou kamer toe. Julle trek julle klere uit. Hy soen jou styf op jou mond. Sy mond is nou en hy druk sy tong in jou mond. Jy laat toe dat hy jou soen en doen wat hy van jou verwag. Wanneer jy styf is, vra hy jou om room aan te smeer en hy kom sit op jou. Hy druk homself af op jou en jy voel hoe jy in sy stywe anus opdruk. Jy maak asof dit lekker is. Kreun op die regte oomblikke. Dan vergeet hy van jou. Hy masturbeer. Dis nie seks nie. Al is ek in hom, bestaan ek nie. Hy probeer so gou moontlik kom (om nie te kom nie is ’n nederlaag). Hy kreun skielik hard en spuit jou maag vol kom. Dan kom lê hy langs jou en begin op en af aan jou voël te pluk. Hy byt jou tiete, want jy het al aangedui dat jy daarvan hou. Hy druk sy vinger teen die ingang van jou anus en jy kom byna dadelik. Julle kom meng op jou maag. In dié oomblik weet jy dit was die laaste keer.

Skielik weet ek wat ek mis. Dit is om “gehê” te wil wees. Dat iemand regtig met my seks wil hê en nie net in sy kop nie.

Hy staan op, soek dadelik sy klere en stap na sy studeerkamer. Jy weet hy gaan sit byna dadelik voor sy rekenaar. Dis nie vir jou vreemd nie. Jy trek nie klere aan nie en gaan staan op die balkon. Die aandluggie is koel teen jou lyf en jy bewe van die hoendervleis wat dit op jou vel maak. Die kleur van die sonsondergang is nou nag. Jy weet die oomblik is hier. Jy neem die eerste sluk sjampanje. Die gas brand teen jou verhemelte. Dan glimlag jy en sluk vinnig die glasie leeg. Vir die eerste keer in twaalf jaar is jy gelukkig. Jy trek vinnig die klere aan wat jy uitgesit het. Gryp jou togsak. Jou plakkies dra jy sommer in jou hand.

Jou kaal voete voel koel op die kliptrap. Jy gaan staan in die deur van sy studeerkamer. Hy kyk eers ná ’n rukkie op. “Ek dag ek sê net koebaai,” beëindig jy die stilte en draai om.

“Wat bedoel jy? Waarheen gaan jy?” Jy hoor sy knie stamp teen sy swaar lessenaar in die haas om op te staan.

Jy antwoord nie, want jy weet self nie. Jy weet net waar jy was, was nie waar jy kón wees nie.

Johan van Lill sê dat hy eintlik ’n jeug- en kinderboekskrywer is, maar elke nou en dan probeer hy iets anders skryf. Hy is ’n inhoudsbestuurder by ’n opvoedkundige internetdiensverskaffer. Tuis lewe hy sy groot passie vir kosmaak uit.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.