GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Dominee Laurie Gaum, Son en die sielkundige - doen mense sulke dinge aan mekaar?

Willie Knoetze skryf hy is erg omgekrap:

Oukei - ek bieg. Ek het 'n kopie van Son gekoop.

Dus, indien winsbejag die enigste mikpunt van hierdie publikasie is, applous. Wat ook al die etiese implikasies van hul optrede - hulle maak geld.

Maar ek skryf nie om die waarde/waardigheid van bogenoemde dagblad te bespreek nie. Nee, wat my toetsbord so angstig aan die klik het, is my verbasing oor die openbare wasgoed-wassery van ene Douw Wessels. (Verwys: "Double Life van Dominee": Son, 1 April 2005.)

Hoe regverdig hierdie praktiserende sielkundige sy gedrag? En hiermee bedoel ek: hoe hy na 'n dagblad toe hardloop met sy sensasiebelaaide rugstekery. Of wat hy te sę het nou waar is of nie, skeel my niks. Maar dat hy 'n gefaalde verhouding as 'n voorbladartikel gaan smous het! Jissie, dis mos nie hoe dit werk nie. En om die betrokke eks dan nog uit die kas te ruk, met die hoop dat 'n derde party meegesleur sal word? Erg professioneel.

Is daar nie gedragskodes (bo en behalwe common sense) wat hier oortree word nie? Indien nie in sielkundige praktyk nie, tog sekerlik tussen ons? Ek het al geleer dat al "Ouma se kinders" nie noodwendig wil saamstaan as dit by pride-optogte kom nie, maar om mekaar in die openbaar met modder te gooi? Iewers behoort daar darem sekerlik 'n lyn getrek te wees!

Ek self is nie Sneeuwitjie nie - gee dit my psigiater die reg om my skandes te publiseer? Nog erger, beteken dit dat ek my vorige liefde via die pers uit die kas kan ruk en slegsę soos ek lus het?

Ek dink nie so nie.

Dalk moet hierdie kopdokter liewer die praktyk sluit en iewers gaan bossies uittrek. Hierdie klas terapeut het niemand nodig nie - nog minder as minnaar.

Sterkte, Laurie - jou regspan gaan 'n fees hę.



LitNet: 05 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.