GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Herman hou van meisies

Liriek deur Kalla Bremer
Musiek deur Christa Steyn
Uitgevoer deur Rory Rootenberg

Daar was ’n spogplaas in die Vrystaat. Dit was die Ou Suid-Afrika.
Toe kom ’n tweeling, albei seuntjies, vir ’n baie trotse pa.
Van die kraamsaal tot die opstal, het die mielies staan en juig
toe die wit Mercedes toet en groet en die koringhalms buig.

Herman was vriend’lik van hy klein was. ’n Jan en Alleman se vrind.
’n Lekker losskakel was Dawie, maar ’n ingetoë kind.
“Veels geluk! Dawid staan eerste!” So sê die standerd agt rapport
en “Herman hou van meisies ... Hy moet berispe word!”

(Sy ma was dadelik kwaad ... “Ja, ...)
Herman hou van meisies. Dit is maar sy natuur.
Dis gene uit sy voorgeslag wat sy gedrag bestuur.
Hy’t nie slae nodig nie. Sy optrede vra
Die begrip en onderskraging van sy moeder en sy pa.”

Die arme dogter was in nege. Herman was pas in standerd tien.
Hul’t haar gou uitgevlieg na Londen. Hy’t haar nooit weer gesien.
Sy pa moes opdok om die stories finaal nek om te draai.
Daarna was dit alles oor. Geen haan het weer gekraai.

(En Herman sê: “Ek’s jammer ... Ja, ...)
Herman hou van meisies. Dit is maar my natuur.
Dis gene uit my voorgeslag wat my gedrag bestuur.
Ek wou julle nie seermaak nie. Al wat ek vra
is begrip en onderskraging van my liewe ma en pa.”

En toe’s die tweeling weg na “varsity” en beide skryf: “Dis kief!”
En een Vrydagagtermiddag kom daar weer ’n brief
en sy sê: “Pappa, lees jy eerste, dan sit ek die koffie op.”
En toe sy terugkom, sit hy hard en huil ... en skud en skud sy kop.
“Herman hou van meisies,” en sy geprewel word ’n kreun.
“As ek dit maar net kon sê ... van my ander seun.”

(Sy neem die brief en lees ... “Ja, ...)
Herman hou van meisies ... en ek het my natuur.
Dis gene uit my voorgeslag wat my gedrag bestuur.
Ek wil julle nie seermaak nie ... Al wat ek vra
is begrip en onderskraging ... Liewe Ma ... en Pa.”


Kopiereg: 1995 Popps Musique.

KALLA BREMER het ook die volgende lirieke in samewerking met Don Clarke geskep: Laurika Rauch se “Die nostalgie” en “O so sentimenteel”, en Kevin Leo se “Sê C’est la Vie” en “Liewe broer”. Tans werk hulle aan die komposisies vir Leon Schuster se film Oh schucks I’m gatvol. “Herman hou van meisies” is deur CHRISTA STEYN getoonset, en deur RORY ROOTENBERG bekend gestel. Dit is deel van sy Highlights-vertoning waarmee hy hier aan die einde van 2003 toer. Hy beplan om dit op CD te plaas in 2004.


12 Januarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.