GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Ek huil oor die gestroopte pad van ons seksualiteit

By die dood van Douw Wessels

Hantie aan Willie Knoetze

Ek lees jou stuk op Gay@LitNet en kry ook die gevoel van ongeloof dat dinge tussen mense op so 'n manier moet loop. Wat die hele storie nog erger maak, is dat Douw Wessels nou dood is. Hy het selfmoord gepleeg. En ek sit hier in 'n ander land en wens ek was by die huis sodat ek iets kon doen vir Laurie. Maar wat is daar te doen of te sê?! Nou tik ek maar op die Internet ...

My eerste reaksie toe ek van Douw se selfmoord gehoor het was van skrik, woede en hartseer. Natuurlik help dit om in die eerste geskokte oomblikke 'n monster van Douw te maak. 'n Mal mens wat in sy destruktiewe waan die mens naaste aan hom wou meesleep na 'n donker afgrond. Maar die beeld van 'n moordende monster hou net vir sekondes stand en dan kom die gestroopte gevoel van weerloosheid. 'n Weerloosheid wat van diep in my eie menswees en lyflikheid oopbreek, rou en bang.

En as ek huil, dan huil ek oor die gestroopte pad wat ons as mense met ons eie seksualiteit loop, veral as dit nie "normaal" is nie. Tel daarby dat jy jou spiritualiteit as een versoende geheel wil ervaar met jou seksualiteit en die weerloosheid verdubbel.

Wat maak die verhaal van Laurie en Douw interessant vir die media? Oor dit hier gaan oor 'n dominee en sy lewensmaat/lover!? Natuurlik, want dit is heerlik sappig om te sien hoe die bloed spat as gelowige mense durf om hulle gay-wees te versoen met hulle Christen-wees EN FAAL! Ja, jy kan mos net 'n pervert wees as jy dit waag om gelowig en gay te wees. Ja, as jy met semels speel, dan vreet die varke jou op!

En as ek goed luister, dan hoor ek hoe die skare skree vir meer bloed en meer offers ... want reg is reg en weg is weg ... en "Ouma se kinders" roep die hardste … blind vir die speelruimtes in die son wat hulle het en totaal blind vir die hardheid van 'n benoude en donker "closet".

Nou ja, as ek verbitterd oorkom, dan is dit maar een deel van my verwerkingsproses. Die ander deel van my proses kyk af in 'n hele lang stofpad voor my. En ek sien my eie hande en die moedelose-weerloosheid-se-bewe in hulle. En ek kyk om my rond na wrakstukke en na bloed. En ek sien hier is 'n mens dood en 'n ander mens stukkend en hierdie plek is ver van die naaste dorp. En ek bly staar en weet elke mens kies: óf dood óf lewe ...

En dan bid ek maar ... vir die moed om te lewe en lief te hê, om te val en op te staan ... vir die versoenende worstelinge om seksualiteit en spiritualiteit mekaar te laat aanraak. En ek bid ook vir die monster-mense onder ons, wat die versoening met seksualiteit nie haal nie.

En dan draai ek om en loop verder.

Wie weet, miskien is daar weer water êrens op die stofpad. En wie weet, dalk kan ons op die dorp regtig praat oor hoe die pragtige en weerlose liefde tussen twee mans (twee vroue / 'n vrou en 'n man) mooi en lewegewend kan bly.

Hantie



LitNet: 06 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.