GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Gelowige sê gays moet self kies


Emily reageer op Johann Rossouw se eerste nuusbrief uit Taiwan. Daaruit het sy afgelei dat “hy links en regs met die Woord geklap is” op Potchefstroom, dat “die Doppers hom nie op die regte tyd met die Heilige Gees bedien het nie”. Sy het al met baie jong gay mans gesels, bv TUK-dramastudente, en wil graag help.*


Terwyl ek bid om werklik nét oor God se hart aan Johann Rossouw te skryf, iets daarvan weer te gee ... in die middel van my eie getuienis ... WOEPS! ... gaan nét my rekenaar af! Géén donderweer, géén kragonderbreking. My drukker, kantliggie en scanner werk, maar rekenaar? Not ’n sokkie! Ek het al geleer dat as die vyand kom om ons aan te val, moet ek net kalm bly en hom herinner aan sy toekoms! Dis wat ek gedoen het. Nietemin moes ek begin kragproppe uittrek en weer terugdruk, want die Satan gaan nié hierdie ronde wen nie!

Ek gaan tjek my elektriese bord, maar niks het getrip nie. Toe wéét ek dat ek weet dat die vyand nie my e-pos na Johann wou laat deurgaan nie. Dit was fenomenaal baie snaaks! (Ek is nie ’n onkundige re my rekenaar of elektriese probleme in ons huis nie.) Die vyand het verseker hierdie ronde wéér verloor! Ek het nét tot die bloed van Jesus gebid oor my rekenaar en die vyand/Satan gestuur waar Jesus met hom kan werk!

Julle by Gay@Litnet, die vyand is besig om vir julle ore aan te sit. Wíl julle hóm glo, of Jesus Christus? Asseblief: géén aanklag nie, nét ’n uitnodiging, want ek wil nie hê dat julle verlore moet gaan nie! Julle is so kosbaar vir Christus, want julle het so ’n unieke talent wat Hy aan julle gegee het. Wend dit dus net aan tot verheerliking van sy Koninkryk! Dit bly jou keuse. Kies jy die Lewe of die Dood. Voel vry om te kies. Sjoe! Julle is sulke spesiale mense! Sorry, ek kan nié vir julle kies nie!

Be blessed in Jesus’ Name!

Emily


* VAN DANIE: Ons het nou heelwat menings gekry van mense wat ons gays Christelik-godsdienstig tot orde roep. Dit is hulle goeie reg; daarom dat dit hiér en elders gepubliseer word. Jean Meiring kla oor die soms lae intellektuele peil van die bydraes. Dis dan my wens vir 2004 dat ons nóg gedagtes van die “gewone mense” sal kry, maar dat ons ook met die verstand bergpasse sal kan uitstap, uitry. Dis dalk ook tyd dat ons bydraes kry oor die verstommende, die avontuurlike van gaywees. Geen saak moet onaangeroer gelaat word nie. Wat vir jou nie meer raak nie, is vir ander nuus en lewensbelangrik.

14 Januarie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.