GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Gewone, gerespekteerde gays moet na vore kom

Egon reageer uit Israel op Vanessa Ellis se “As ma en dogter gay is”

Ek woon as nuwe immigrant in Israel in die noordelike kusdorpie Nahariyah, en as ek kwaai huis toe verlang, dan sit en lees ek Afrikaans op LitNet. So ontdek ek nou die dag Vanessa Ellis se roerende stuk “As ma en dogter gay is”.

Ek werk as Engels-onderwyseres vir volwassenes by die plaaslike gemeenskapsentrum. Nou onlangs het ek weer eens ’n baie suksesvolle teks gebruik wat handel oor die verskillende moontlike gesinstrukture. Dis eintlik heel eenvoudig: op die een bladsy is prentjies van sewe moontlike gesinsamestellings en op die ander bladsy sewe kort beskrywings wat die studente dan moet pas by die prentjies. So ’n teks bied die studente baie geleenthede om te praat en te bespiegel oor al die moontlike situasies en gesinsverhoudinge.

Onder andere is daar ’n prentjie van twee moderne jong vroue en ’n dogtertjie, en die teks wat daarby pas is: “Ek en Sally werk albei buitenshuis en deel die verantwoordelikheid vir die versorging van my dogter.” Eers besluit die studente dat dit twee susters moet wees; toe moontlik twee vriendinne. Toe een vrou, met veel gebloos, voorstel dat hulle moontlik lovers kan wees, was die herrie los: “Never, they are too pretty! Anyway, they look quite normal en that wouldn’t be normal!” Vooraf het ek gewonder of die bespreking sou lei tot vrae oor my eie situasie, aangesien almal weet ek woon saam met ’n ander vrou, maar skynbaar lyk minstens een van ons “te normaal”! Die bespreking het lank geduur en mense wat gewoonlik moeilik iets sê in die klas, het ’n eier te lê gehad.

Toe ek tuis kom, lees ek weer Vanessa se stuk, want dit beantwoord die issue van “they look normal”. Vanweë die politieke-godsdienstige situasie hier kan ek nie vanuit my eie ervaring oor sulke sake praat nie. Hierdie stuk spreek so sterk oor die issues van ouerskap en oor die verwagtinge, vrese en hoop vir hulle kinders wat alle ouers deel, dat ek onmiddellik besluit het om toestemming te vra om dit te vertaal. Dit praat oor elke ouer se angs en begeerte om sy kind teen die harde werklikhede van die lewe te probeer beskerm. Dis ’n wonderlike teks! Dis te belangrik om tot Afrikaans beperk te bly.

Dankie, Vanessa, dat jy toestemming gegee het dat ek dit mag vertaal en gebruik. Dis tyd dat ons doodgewone mense ons vrese en verwagtings, ons drome en ons pyn deel, sodat nie net die “Pride March” met sy ballonne en oordadigheid ons beeld na buite dra nie. Dis tyd dat gewone, gerespekteerde lede van die gemeenskap na vore tree.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.