GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

dichotomy

Ella Kotze

i can conjure up many images
and phrases explaining the want of
my body and you, oblivious,
in perpetual narcissistic know,
can swear on everything beautiful
that all we have is platonic
i will get over this, someone else
will see me trampled on nothing
and bring me back into now

ek kan myself met beelde betower
en frases wat die wil van my
liggaam verduidelik en jou oënskynlik
eindelose verlustiging in self kan
plegtig sweer op alles wat mooi klink
dat dit tussen ons gaan oor vriendskap
iemand anders sal my wil optel en
waar ek lê op 'n wolk van niks en
ek sal terugvlug na hier met alles en nou

kimberley 2004


lady sings the blues

jou oë sing die blues vanaand en jou
hande vra dat ek jou vashou
so kom lê dan maar ín my lief
dat ek jou kan toevou soos iets swaars.
ons kan luister na kerkorrel
en lui sigarette rook en lag
vir flou grappies en
wag vir die maan en dan later vir die son
onder 'n dik kombers jy in my arms swaar
soos nat suiker waarin ek jou toekoms kan sien:
swart en wit voëls en 'n broodmandjie vol met alles.
'n klip in die water sal rimpels maak.
ek sal jou rimpels breek.
vertrou my vanaand en kom lê in my
dat ek jou kan toevou soos iets swaars.

kimberley 2005


variasies op verbode liefde

vir anneke

ek wil vir jou 'n poem skryf
in die sand of iets
om aan myself te verduidelik
hoe lief ek vir jou is
maar ek het geen woorde nie
net beelde
wat in mekaar vloei
en skakerings word
van lig en donker

*

kantelburg
breek deur my vestings
laat my weerloos

kantelburg
jy's beautiful crazy
in my kop vir ewig

kantelburg
ons is
oneindig

*

yster skeur deur yster
as die ratwerk in my kop
tot stilstand ruk
jou kyk jou glimlag jou hand
myne

*

jou liggaam die brood wat ek breek
jou asem die wyn wat ek drink
jou naam die een wat ek bely
as ek wakker word môreoggend

*

ek wag hortend uitasem
op die oop-
breek van my lyf
onder jou hande
soos 'n granaat

*

ek asem jou in
uit
jou reuk vul my
rondom my
soos die eerste sonstrale
wat oor die nuwe aarde moes breek
jy is die eerste sonstrale
jy is die nuwe aarde
jou hartklop is myne

*

ek het jou lief
is holrug gery, boring
dus bemin ek jou

*

Here, hoekom is dit so donners moeilik?

Kimberley 2005


ELLA KOTZE: "Ek is 'n vryskutskrywer en subredakteur by die Diamond Fields Advertiser in Kimberley, en ek swot sielkunde by Unisa (tweede jaar). Ek en Anneke is nou al sewe maande saam, maar dit voel soos nog altyd. O, en ek is 23 en my favourite boek ooit is Douglas Adams se Hitchhiker's Guide to the Galaxy."








LitNet: 31 Augustus 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.