GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

'n Plesierlike ontdekking!

Twee camp romans deur Joe Keenan van Frasier-faam

Coenraad Walters sê die intriges is so meesleurend soos 'n vriendelike anakonda se tog deur 'n doolhof.

Dikwels raak ek oorstuur in 'n boekwinkel: soveel boeke, so min tyd (en veral geld)! Maar soms spring iets in jou hand wat sowel die finansiële as die tydbelegging dubbel en dwars die moeite werd maak.

Dit het onlangs op 'n Vrydagmiddag gebeur toe ek twee romans van Joe Keenan in een van hierdie winskoopboekwinkels raakgeloop het. Die aanduiding op die voorblad, dat Keenan jare lank een van die skrywers van die treffer-sitkom Frasier was, het my oog gevang. Ek het die eerste roman, Blue heaven (1988), teen R40 gekoop, oor die langnaweek verslind en vroeg die volgende week teruggehaas om die tweede, Putting on the Ritz (1991), ook teen R40, aan te skaf. Veel meer lesers verdien die kans om dié genot te ervaar - derhalwe my verslag.

Die eerstepersoonsverteller in albei romans is Philip Cavanaugh, 'n Broadwayse liriekskrywer in sy laat twintigs. In albei romans word hy deur sy beste vriend, Gilbert Selwyn, betrek by 'n scheme wat Skollie van Vyfster-faam as universiteitskursusse sou beskou. In albei romans is die styl hoogs camp (Philip en Gilbert is immers gay), die humor vlymskerp en gevat, die intrige so ingewikkeld en meesleurend soos 'n vriendelike anakonda se pad deur 'n doolhof, en die enkele sekstonele (gay én straight) primêr daar om sake net verder te kompliseer. Ja, daar is 'n sekere eenselwigheid in die twee verhale wat die lees van die tweede effens flouer maak, maar aangesien daar tot op hede slegs hierdie twee is, bly dit heerlike ligte vermaak.

Blue Heaven

In Blue heaven besluit Gilbert en Moira om te trou. Nee, Gilbert het nie werklik van span verander nie, en Moira weet góéd hoe die wind waai, maar albei is agter die geskenke aan! Albei het immers ryk stieffamilies, en Gilbert se vrygewige stieffamilie is so groot dat hulle vir 'n reünie Rhode Island huur. Net jammer dié stieffamilie is van Italiaanse afkoms ...

Moira, wat 'n ysblokkie groter maak as sy daaraan suig, speel die situasie soos 'n virtuoos. Nes jy dink sy't nou al die jakkalsdraaie gegooi wat sy kan, verras sy almal met nog 'n paar flaai passies. Was dit nie vir Philip se komponis-spanmaat Claire nie, sou minder karakters die epiese bedrieëry oorleef het!

Keenan sluit dié komplekse konkoksie (dink: basaarpoedieng met twaalf-volt-skop ...) af met 'n gevarieerde kombinasie van twee tradisionele komedie-elemente: 'n jaagtog en 'n troue. 'n Mens is eintlik verlig as jy die boek kan toemaak en met 'n behaaglike sug terugsyg in jou stoel.

Putting on the ritz

Putting on the Ritz speel net meer as 'n jaar later af. Philip stem teen sy beterwete in om Gilbert weer met 'n "projek" te help. Dié keer word hulle werknemers van 'n New Yorkse biljoenêr, Boyd Larkin, met die taak om te spioeneer op 'n ander New Yorkse biljoenêr, Peter Champion.

Die beste manier om die Champion-binnekring binne te dring is vir Philip en Claire om die skrywers te word van 'n program waarmee mev Elsa Champion haar arrivering as kabaret-arties wil aankondig. Sy het enorme diva-drome en genoeg geld om dit te verwesenlik. Ongelukkig loop sy die gevaar om Florence Foster Jenkins te onttroon as die swakste sanger ooit! (Nog 'n probleempie: die Champions laat die Borgias Amish lyk ...)

Met eindelose geduld en diplomasie slaag Philip en Claire daarin om 'n totale ramp af te weer: 'n redelike sukses is waarskynlik. Maar enkele minute voor die optrede maak Elsa 'n vernietigende ontdekking …

Die beskrywing van haar optrede is so indringend en psigologies juis, met die aanhaal van relevante dele uit die liedjies wat sy sing, dat dit net-net té ernstig word, dat die komedie byna deurskroei en sigself vernietig.

As gevolg van dié debakel van 'n konsert raak die verhoudings tussen die partye al ingewikkelder, totdat die intrige suksesvol ontknoop word tydens 'n opname van 'n kletskonsert à la Jerry Springer. Weer is dit Claire wat die wa deur die drif trek, al het sy weer heel onskuldig betrokke geraak. Weer loop die komedie uit op 'n troue. En natuurlik los dié seremonie geensins die onvrede op nie. Maar ons beminde hoofkarakters is skotvry, en ek wens daar kan 'n derde aflewering in dié dolle reeks verskyn!

Die opsommings hier bo suggereer kompleksiteit, maar lesers moet self die werklike toedrag van sake gaan ondersoek.

*

Albei romans is in 2002 heruitgegee deur die Britse uitgewer Arrow. Met die skryf hiervan in September 2004 is die boeke te koop deur kalahari.net, exclusivebooks.com en amazon.com. Die webwerf van tweedehandse boekwinkels, abebooks.com, gee ook toegang tot vele eksemplare in verskillende toestande en ook tale! 'n Mens sal maar moet gaan kyk of biblioteke die romans aangeskaf het; miskien is jy ook gelukkig en raap dit op by 'n winskoopwinkel.

Maar doen gerus die moeite om Keenan se boeke te bekom: al is dit ligte vermaak sonder diepsinnige analise van lewenskwessies, sal dit jou 'n ruk lank laat vergeet van jou eie vervelige probleme.


COENRAAD WALTERS is tans bibliotekaris en Afrikaans-onderwyser aan die Somerset College buite Somerset-Wes. Lees, koorsing en fliek vul sy vrye tyd, en 'n uitnodiging vir 'n potjie Trivial Pursuit of Earl Grey laat hy nie verbygaan nie. Hy skryf vir LitNet oor flieks, boeke, musiek en die teater.

UITNODIGING: Vertel à la Coenraad Walters van gayboeke wat jý ontdek het. Of as jy 'n gayteks akademies ontleed het, stuur jou ontleding dadelik na dbbotha@mweb.co.za. Kopiereg bly by jou en jy kan die teks later elders publiseer. Ons aanvaar egter net werk wat eerste na ons toe kom. Jy kry die voordeel dat jou werk by ons 'n eerste redigering beleef. Lewer ook asseblief kritiek op die besprekings. DANIE BOTHA



LitNet: 15 September 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.