GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Klik hier en wen!
Klik hier en wen 12 maande af op jou huislening!

Alleen

'n Storie van frustrasie en nood

Jacques Botham

Ek sit en wonder soms wat ek moet doen. Ek weet hoe ek is, maar dis so moeilik om met enige iemand daaroor te praat. My familie is baie konserwatief. Hulle sal nie verstaan nie. Intussen is dit besig om my van binne af op te vreet. Ek wens ek kon iemand kry om my te verstaan, maar dis alles tevergeefs.

Ek maak maar of ek deel van die groep is. Gaan na die strip clubs en sit en praat oor seks, meisies en wie die langste kan suip. Ons loop rond en spot die moffies. Elkeen met sy stuk langs hom.

Linda. Nou, sy is myne. Regtig 'n mooi meisie, wonderlike geaardheid, maar ek kan myself nie so ver kry om intiem met haar te raak nie. Dit frustreer haar as ek wegskram as sy wil vry. Dit voel net nie reg vir my nie. Ek wil haar plesier gee, maar ek kan eenvoudig nie. Ek deurkruis die web op soek na iemand wat my kan verstaan, maar al wat ek kry, is net nog iemand wat sê: "Kom uit."

"Uit wat uit!?" wil ek weet. Ek is vasgevang, maar waarin weet ek nie. Dis alles so deurmekaar vir my.

Ons sal in 'n klub sit en praat oor die girls daar by die kroeg. "Jis, ouens. Check daai een se bene. Fokkit, ek sal vir haar gee. Of wat sê ek, Muis?"

"Ja." Dis al wat ek kan sê. Ek het nie eers opgelet nie. Ek staar na die kroeg, maar nie vir die meisies nie. Die barman het my aandag getrek. Kort bruin hare, goedgedefinieerde gesig en lyf. Sy hemp lyk of dit enige oomblik gaan oopskeur soos sy spiere bult.

Ek verbeel my dat ek hom in die badkamer raakloop en hom aan die skouers gryp en hom in een van die hokkies indruk en hom opvreet. Ek wil sy liggaam verken met my mond. Ek wil alles gee ... Liewe hemel, maar dis warm hier.

"Ouens, ek gaan gou badkamer toe." Ek loop, maar my bene wil ingee. Ek wil oploop na hom en vir hom sê ek wil hom hê. Hom saam met my huis toe vat en hom nooit weer laat gaan nie. Hy kyk op. Skielik maak ons oogkontak. Ek skrik en kyk weg en laat my kop sak en skarrel vinnig weg badkamer toe. Skaam vir myself dat ek weggekyk het. Dalk voel hy dieselfde. Dalk sou … Los dit. Hy is in elk geval nie, maar wat as hy was?

Ek was my gesig en kyk vir myself in die spieël. Kalmeer jouself. Jy gaan iets laat pop as jy so aangaan.

"Is jy oukei?" vra een van my vriende.

"Ja, ek's reg. Seker maar al die drank. Jy weet mos ek kan nie veel drink nie."

"Ja, jou moffie." Almal lag en ek lag saam. Dis tog net 'n grap. Hulle weet mos nie rêrig nie.

Ek kyk weer kroeg toe. Waar is die barman? Wat doen sý nou daar? Ag nee.

Die kelnerin bring 'n ronde drankies vir ons.

"It's from the girls over there," sê sy. Ons kyk om en die meisies waai vir ons. Dieselfde meisies na wie ons vroeër gekyk het. Charles nooi hulle oor. Hulle kom sit by ons.

Meisies was nog nooit belangrik vir my gewees nie, so dit is nie vir my 'n probleem om Linda te "verneuk" nie. Die party word later lekker. Die meisie wat aan my kom vaskleef het, is nogals heel interessant. Ons het baie gemeen. Later is ons almal op die dansvloer, besig om dit uit te gooi.

Die intimiteit met die meisie begin my geweldig pla. Ek moet later maar myself verskoon.

Op pad huis toe stop ek langs die pad en begin huil. Wat moet ek doen? Is daar iemand met wie ek kan praat? Ek is so alleen.

Ek kom pootuit en moeg gehuil by die huis aan. Dit is koud in die huis. Ek gaan lê op die bed en huil myself aan die slaap. Ek droom hoe ek uitkom teenoor my ouers en hoe hulle reageer. Hulle vat dit baie sleg. Soveel so dat ek verwerp word. Ek is vry, maar teen watter prys?

Ek skrik wakker. Dis sewe-uur in die oggend en dis 'n nuwe dag. Ek gaan vang 'n lang stort en probeer om myself te sus. Ek ry met die kar na 'n restaurant vir ontbyt. Dalk voel ek beter. Ek het myself weer heeltemal te veel ontstel en vir wat? Oor iets wat ek in elk geval nie kan hê nie.

Somtyds wens ek die hele wêreld was gay. Dan sou die lewe baie makliker gewees het. Ek weet ek moenie, maar ek voel of ek nie normaal is nie. Wat is normaal? Wat is aanvaarbaar, wat is reg? Soveel vrae en geen antwoorde nie. Help my, help my.

Later sit ek en dink: dis nie die moeite werd om my lewe hieroor om te krap nie. Dis nie 'n perfekte lewe nie, maar dit is stabiel.

My selfoon lui.

"Haai, Linda …"



LitNet: 01 Junie 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.