FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

30 redes waarom jy Yesterday hierdie maand móét gaan sien

Erns Grundling

Yesterday
Genre: Drama
Vervaardigers: Anant Singh, Helena Spring
Regisseur: Darrell James Roodt
Rolverdeling: Leleti Khumalo, Lihle Mvelase, Kenneth Kambule, Harriet Lehabe, Camilla Walker
Amptelike webwerf: www.yesterdaythemovie.co.za
Bespreek by: www.numetro.co.za

Die woord yesterday laat mens altyd dink aan die bekende Beatles-treffer. Ek wil egter die voorspelling waag dat die woord Yesterday in die toekoms sal uitstaan as 'n baken in die plaaslike filmbedryf én Suid-Afrika se sosiaal-maatskaplike landskap.

Teen dié tyd weet die meeste lesers dat Darrell James Roodt se film Yesterday vir 'n Oscar benoem is in die kategorie "Best Foreign Language Film". Die Oscars word in die vroeë oggendure van 28 Februarie 2005 op M-Net uitgesaai. Die film is vervaardig deur Anant Singh en Helena Spring.

Yesterday is onlangs weer uitgereik in Suid-Afrika en kan gesien word by Monte Casino; Nu Metro Benoni in Johannesburg; Menlyn in Pretoria; Nu Metro V&A, Canal Walk en Cinema Starz Grandwest in Kaapstad; Nu Metro Pavilion in Durban en Cinema Starz Boardwalk in Port Elizabeth.

Ek wil nie veel uitwei oor die film nie - gaan kyk dit self en besoek die skitterende webwerf www.yesterdaythemovie.co.za vir meer inligting oor die karakters en hoe Roodt te werk gegaan het.

Hier volg 30 redes waarom ek dink dat alle Suid-Afrikaners Yesterday hierdie maand móét gaan sien:

  1. Om te leer dat ehlobo en somer verskillend klink, maar dieselfde beteken.

  2. Om jouself te verloor in die puik kameraskote van die uitgestrekte landskap van Zoeloeland.

  3. Om meegevoer te word in 'n amper hipnotiese trans met Madala Kunene se inheemse klankbaan.

  4. Om die doringdraad-motief te volg wat telkens in die kameraskote opduik en na my mening sinspeel op afbakening, omheining ens.

  5. Om te sien hoe 'n ma en dogter stoksielalleen die grondpad tussen Rooihoek en Kromdraai aandurf en die verlatenheid met hul samesyn verdryf.

  6. Om te hoor hoe 'n sewejarige dogtertjie vol verwondering wil weet waarom sy nie 'n voëltjie kan wees nie, en nie tevrede is met sommer enige verklaring nie.

  7. Om die beeldskone Yesterday (Leleti Khumalo) te sien glimlag as sy twee verbygangers op die langpad groet.

  8. Om te besef die tou mense by Telkom se rekeningbetalings is fokkol teen die kronkelende tou pasiënte wat ure in die ongenaakbare son staan en wag by die Kromdraai-kliniek en dikwels sonder hulp huis toe gestuur word.

  9. Om te begryp dat dit daar inherent niks onopgevoed, prehistories of agterlik aan 'n landelike bestaan met die minimum materiële middele tussen die rollende heuwels van KwaZulu-Natal is nie. Dit is bloot 'n ander bestaanswyse met soortgelyke passie en intriges as enige ander.

  10. Om te krul van die lag terwyl die vroue skinder by die waterkraan oor dié een se rondnaai en daai een se vier Lotto-nommers. 'n Vriendin het my ná die rolprent daarop attent gemaak hoe universeel skinder en bogpraatjies is. In wese verskil die geklets van die vrouens in Yesterday niks van die pinkie-in-die-lug sameswerings van 'n Waterkloof-teepartytjie nie ...

  11. Om te besef hoeveel gesag en invloed 'n sangoma steeds uitoefen in die landelike gemeenskappe en die kompleksiteite van ons land se diverse kulture uitlig.

  12. Om te sien hoe 'n dogtertjie haarself vir ure kan vermaak deur in die natuur te speel, sonder Playstation 2 of 'n Tamagotchi.

  13. Om te sien hoe 'n lemoen met oorgawe geëet word dat die sap in alle windrigtings spat.

  14. Om te hoor hoe pragtig en natuurlik isiZulu op die blonde dokter (gespeel deur Camilla Walker) se tong val.

  15. Omdat negentig minute se isiZulu pragtig klink sonder dat mens dit hoef te verstaan, danksy die onderskrifte.

  16. Om te sien hoe mense uitreik na mekaar, sonder enige voorwaardes of verwagtings. Die onderwyseres wat bereid is om na Beauty om te sien wanneer Yesterday kliniek toe moet gaan, is 'n sprekende voorbeeld daarvan.

  17. Om die paradoks te ervaar van 'n gemeenskap wat mekaar geweldig ondersteun maar iemand net so vinnig kan verwerp sodra daar in hul oë 'n bedreiging is.

  18. Om te sien hoe uitstekend die kontras tussen Zoeloeland en die stadslewe en myne van Johannesburg uitgebeeld word.

  19. Om te sien hoe 'n vrou met Vigs 'n wilsbesluit neem om nie tou op te gooi nie en aan te hou leef totdat haar kind in die skool is.

  20. Om te sien hoe 'n egpaar saam hul lot aanvaar en sonder verwyte die verdoemende toekoms inwag.

  21. Om te besef dat mens steeds met waardigheid kan sterf, al is jou liggaam afgetakel en al word jy deur 'n hele gemeenskap verwerp.

  22. Om die opregte blydskap in 'n klein dogtertjie se oë te sien as sy 'n doodgewone swart skoolrok as persent kry voor haar eerste skooldag.

  23. Om te besef dat jy dit aan jouself en jou medemens verskuldig is om jou bloed gereeld te laat toets vir MIV.

  24. Om opnuut te besef dat Vigsopvoeding een van dié belangrikste kwessies in ons Suid-Afrikaanse samelewing is, maak nie saak of jy in 'n hut of 'n wolkekrabber woon nie.

  25. Om te sien hoe 'n filmmaker 'n eenvoudige storie sonder enige oorbodige sentiment of emosionele appèl vertel, en dit dônners goed doen.

  26. Om die skitterende akteurs se vertolkings te waardeer, uiters realisties en understated.

  27. Omdat hierdie rolprent finaal die mite sal vernietig dat Suid-Afrika nie ook wêreldklas rolprente kan maak nie.

  28. Omdat hierdie film elke prys en toekenning dubbel en dwars verdien, veral daai goue beeldjie einde Februarie.

  29. Omdat die rolprentteaters ingestem het om afslagpryse vir blokbesprekings deur skole toe te staan. Hoe meer jongmense die film sien, hoe beter.

  30. Sodat jy Yesterday ná die eerste keer wéér gaan sien om seker te maak jy vergeet dit nooit.



LitNet: 02 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.