FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Divine secrets of the Ya-Ya sisterhood

Coenraad Walters

Met: Sandra Bullock; Ellen Burstyn; James Garner; Ashley Judd; Angus MacFayden; Maggie Smith.
Draaiboek: Mark Andrus, gebaseer op die roman van Rebecca Wells.
Regie: Callie Khouri.

Kan daar iets wees soos ’n “chick flick” waarvan mans ook kan hou? Wel, dit wil lyk asof Divine secrets of the Ya-Ya sisterhood so ’n vreemde skepping is!

Die suksesvolle dramaturg Sidda Walker (Bullock) sę iets oor haar kinderjare tydens ’n onderhoud met ’n tydskrif wat haar hipersensitiewe ma (Burstyn) in ’n toestand in dryf. Sy weier om met haar dogter te praat, sy sny die dogter se gesig uit al wat foto is en laat haar misnoeë met dawerende stilstuipe blyk. Sidda se kęrel Connor (McFayden) begin wonder oor hul verhouding, aangesien dit algaande duideliker blyk dat Sidda nie werklik kans sien vir enigiets meer permanent as saamwoon nie.

Maar tydens haar kinderjare het die ma, Viviane Walker, met drie vriendinnetjies ’n bloedband gesmee — dit was nog die tyd toe kinderbendes nie noodwendig ’n kriminele dimensie had nie. Hierdie band het deur al die jare voortgeduur, en die ander drie lede van die Ya-Ya sisterhood besluit om in te gryp en die verhouding tussen moeder en dogter te herstel. Hulle ontvoer vir Sidda en lig haar in omtrent die feite agter die gebeure van haar aaklige kinderjare. En ten slotte: eind goed, alles goed.

Callie Khouri, die skrywer van Thelma and Louise, lei hier ’n gedugte span spelers om ’n goedvoelstorie te skep uit ’n besonder ernstige stel feite. Die vertelling van hoe die diep ongelukkige, alkoholistiese en ernstig versteurde Viviane haar kinders mishandel het, behoort nie ligsinnig aangepak te word nie; gelukkig gebeur dit nie hier nie. Hoewel Divine secrets of the Ya-Ya sisterhood as ’n komedie beskryf kan word (met so ’n titel …!), word die erns van die verlede met die nodige deernis en balans uitgebeeld. Ashley Judd skitter in die ondankbare rol van die monsteragtige jonger Viviane — Ellyn Burstyn kry die kans om haar uit te beeld as die vrou wat tot haar sinne kom. En ’n mens kan kwalik glo dat dit twee aktrises is en nie bloot een wat verouder word nie!

Sandra Bullock is maar net haarself, James Garner is oortuigend as die onderdrukte pa, en die drie vriendinne is ’n vreugde. Natuurlik maak Maggie Smith se teenwoordigheid dinge nog meer die moeite werd.

Maar dan sit ’n mens met die slot. Daardie perfek gladgelekte vredemaak met buitengewone insigte om al die hartseer van die verlede met een felle slag uit te vee en die lawwe opmerking wat met perfekte tydsberekening die spanning verbreek en die betrokkenes laggend in mekaar se arms laat val … Hoe kan ’n mens dit as geloofwaardig ervaar? Ek kan nie anders as om so ’n toneel te wens vir al die honderdduisendes oor die węreld heen wat soortgelyke verhoudings met hul ouers het nie.

Na ’n stukkie nadenke het ek besef dat juis hierdie perfektheid die funksie van ’n storie is. As ’n storie wat die meeste van die tyd so lekker op die gemoed val soos Divine secrets of the Ya-Ya sisterhood nie vir ’n mens ’n ideale węreld kan voorstel nie, waar sal ’n mens dan die hoop vandaan kry om voort te gaan met die lewe?

Dus: skakel jou sinisme af en gaan kyk. Of neem die video uit — dit mag dalk help om ’n paar growwe kolle in jou lewe lekker glad te skuur.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.