FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Wonder Boys

Suzette Kotzé

Spelers: Michael Douglas, Tobey Maguire, Frances McDormand, Robert Downey Jr, Rip Torn
Regisseur: Curtis Hanson
Vertoontyd: Vanaf 13 Oktober

As professor Grady Tripp (Michael Douglas) op die reënerige dag waarop die fliek begin sou gaan sit om ’n lysie van sy probleme te maak, sou dit as volg daar uitsien:

  • Sy mooi jong vrou het hom die oggend verlaat (vir die soveelste keer)
  • Die aanvallige vrouestudent wat by hom loseer probeer haar bes om hom in die bed te kry
  • Die sterstudent in sy skryfklas (Toby Maguire) is gekrenk oor sy terugvoer oor sy nuutste skryfsel
  • Die universiteit se jaarlikse Woordfees is op hande, al wat skrywer is, gaan dit bywoon en Tripp se sukses van sy trefferroman sewe jaar gelede is al dun geskaaf
  • Sy nuutste manuskrip kom net nie klaar nie en sy redakteur (Robert Downey Jr) gaan die naweek by hom tuis
  • Sy minnares (Frances McDormand) is swanger.

’n Mindere man sou dalk handdoek ingegooi het, maar nie Tripp nie. Met behulp van ’n effens verwarde trek op sy gesig en genoeg trekke aan sy daggazolle hanteer hy dinge soos dit kom — en dis nog glad nie die einde van sy probleme nie. “The plot thickens”, soos die Engelse skryfmetafoor so gepas sê.

Want Crabtree, sy redakteur, daag by die partytjie aan huis van sy minnares op met ’n fopdosser aan die arm en raak terstond verlief op die sterstudent; sy minnares se man se blinde hond val hom aan en laat hom met ’n pynlike kruppelstappie; die einde van sy roman, wat hy veronderstel is om gedurende die naweek aan Crabtree te oorhandig, ontwyk hom steeds. En in al hierdie intriges speel ’n pikante nommertjie wat Marilyn Monroe op haar troudag gedra het ’n aansienlike rol.

Om meer van die fliek te probeer verduidelik, sou futiel wees en die kyker se pret bederf. Want hier is hope pret vir fliekvlooie met ’n voorliefde vir ironie en wat ’n goeie skoot ontluistering kan waardeer. Regisseur Curtis Hanson (van LA Confidential-faam) se satiriese kyk na mans se middeljarekrisisse, mans se ego’s, mans se hantering van die vroue in hul lewe, skrywers, roem en uitgewers is vol in die kol. Die verloop van die verhaal is onvoorspelbaar, en die humor is eiesoortig en bitter snaaks, op ’n manier wat herinner aan Robert Altman se Cookie’s Fortune.

Die spelers is deurgaans uitstekend, maar die film word veral gedra deur die elektriese samespel tussen Michael Douglas en Tobey Maguire. Douglas oortuig volkome as die egosentriese skrywer van wie die groot gees tog deurskyn ten spyte van al sy jakkalsdraaie, en die jong Maguire beïndruk weer eens as die wêreldvreemde student met die melancholiese gesig en toonlose stem, maar in hom kan die kyker die kennelike talent van die opkomende jong skrywer telkens herken. Robert Downey Jr is eenvoudig wonderlik as die opportunistiese Crabtree, en sy bydrae tot die ontknoping van die verhaal is onvergeetlik.

As jy lus is vir intelligente vermaak en uit-die-maag-uit lag, moenie hierdie een misloop nie.

Suzette Kotzé
Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.