FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Gouttes d’eau sur pierres brulantes / Water drops on burning rocks (1999)

Coenraad Walters

Met: Bernard Giraudeau (Leopold); Malik Zidi (Franz); Ludivine Sagnier (Anna); Anne Levine (Vera)
Draaiboek: Francois Ozon, gebaseer op ’n toneelstuk van Rainer Werner Fassbinder
Regie: Francois Ozon
Verdere vertonings tydens die fees: Dinsdag 13/2 (22:00); Vrydag 16/2 (22:00)

Van Francois Ozon word drie prente op die Suid-Afrikaanse Gay en Lesbiese Filmfees gedraai — daar is reeds elders op dié ruimte ’n resensie oor sy rare Sitcom. Die prent hier onder bespreking is ’n vertaling en verwerking van ’n toneelstuk deur Rainer Werner Fassbinder, omtrent wie daar ’n dokumentêre prent op die Fees vertoon word (lees die resensie hieroor ook elders op dié ruimte).

Die verhaal is relatief eenvoudig: Leopold is ’n vyftigjarige sakeman wat die twintigjarige Franz een aand optel en huis toe bring. Franz beplan ’n troue met Anna, maar word so meegevoer deur Leopold dat ’n verhouding tussen hulle ontstaan wat maande lank duur. Dié verhouding bevat al die eienskappe van Leopold se verhouding van sewe jaar met Vera, waarvan hy vir Franz reeds op die eerste aand vertel het. Die twee mans ossilleer dus tussen geluk en ongeluk — soos sekerlik maar in enige verhouding.

Dan daag albei se vroulike ekse op en die dinamiek stuur onvermydelik af op die tragiese einde wat nie as tragies aangebied word nie.

Ozon slaag daarin om die beperkte ruimte van die woonstel waarin die hele prent afspeel, op so ’n manier in te span dat ’n mens nooit kloustrofobies voel nie, hoewel jy bewus raak van die karakters se vasgevangenheid. Visuele herhaling ondersteun die uitbeelding van Fassbinder se blootlegging van die karakters se aard.

Gouttes d’eau sur pierres brulantes is ’n uitstekende verfilming van ’n toneelstuk (The big kahuna kom in die gedagtes op) en ’n bevredigende rolprentervaring. ’n Mens is Ozon dankbaar dat hy dié Fassbinder-stuk op film beskikbaar gestel het.

  • Lesers wat meer inligting omtrent die Suid-Afrikaanse Gay en Lesbiese Filmfees soek, veral oor hoe om te help om die Fees se voortbestaan te verseker, kan gerus die organiseerders Out in Africa se webblad (www.oia.co.za) besoek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.