FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Was tun, wenn’s brennt?

Coenraad Walters

Met: Til Schweiger; Martin Feifel; Sebastian Blomberg; Nadja Uhl; Matthias Matschke; Doris Schretzmayer; Klaus Löwitsch.
Draaiboek: Stefan Dähnert en Anne Wild.
Regie: Gregor Schnitzler.

Hoe boots die lewe nie kuns na nie! Hierdie prent was minstens al op pad na Suid-Afrika, as dit nie al hier gedraai het nie, toe James Kilgore na bykans drie dekades as een van die FBI se mees gesoekte misdadigers in Kaapstad in hegtenis geneem is. Sulke sinchronisiteit laat ’n mens maar net verwonderd glimlag.

Ongeveer twaalf jaar gelede was daar ’n groep (die Symbionese Liberation Army? Die Boeremag?) wat in die toe nog verdeelde Duitsland geprotesteer het teen sekere beleidsrigtings, veral ten opsigte van behuising vir armes. Hulle was ernstig oor die saak en het betogings gereël, amok gemaak en les bes bomme geplant. Een bom het egter nie ontplof nie … tot dit twaalf jaar later versteur is. En die polisie spring aan die werk om die skuldiges vas te vat.

Met die uitsondering van Tim (Schweiger) en Hotte (Feifel), het die groeplede egter die lewe van sosiale bewussyn en betrokkenheid vaarwel toegeroep. Nele (Uhl) is ’n enkelma, Maik (Blomberg) ’n belangrike en kreatiewe advertensiemagnaat, Terror (Matschke) ’n wetsgehoorsame prokureur, en Flo (Schretzmayer) staan op die punt om te trou met ’n man met ’n hoë sosiale profiel. Wanneer Tim en Hotte hulle egter daarvan oortuig dat die polisie inkriminerende getuienis het wat hulle almal aan die pen kan laat ry, span hulle weer soos van ouds saam om hul verledes uit te wis.

Vir Hotte is dit die moeilikste: ’n polisievoertuig het tydens ’n betoging oor sy bene gery en hy is verlam. Sy vriende het hom ook in die steek gelaat, behalwe Tim, wat hom nog al die jare versorg. Derhalwe het hy nog ’n kis appels te skil met dié wat nou ryk en gerieflik lewe.

Gegewe die fassinerende ideologiese strominge, is die verhaal wat aangebied word, baie lig. ’n Mens word betrek by die oudterroriste se strewe om as eerbare burgers beskou te word, en jy kom agter dat jy wil hê hulle moet wegkom, al stem jy nie saam met hul metodes nie. Selfs die polisieman (Löwitsch) wat hulle desjare gesoek het en nou op die punt staan om hulle vas te trek, begin mantel draai — maar sy rede is die swak behandeling wat hy kry van jonger polisielede wat in die herenigde Duitsland ander prioriteite en metodes nastreef. Mag ’n mens dan werklik lekkerkry oor die slot?

Die meeste van die akteurs is aan ons onbekend; net Til Schweiger het ek al tevore gesien in Der bewegte Mann (in Engels bekend as The most desired man) en in enkele ander produksies. Die toneel waar ’n mens hom in die stort sien, is sekerlik nie werklik nodig vir die gang van die verhaal nie, maar ’n mens het soms so ’n stukkie soetigheid vir die oog nodig, en fooi tog, hy werk ook seker hard aan daardie lyf!

Was tun, wenn’s brennt (in Engelse lande versprei as What to do in case of fire) is dus ’n komedie met ’n goedvoeleinde en verskeie interessante ideologiese strominge wat dit onderlê. Intelligente vermaak, aanbeveel vir fliekvlooie wat wil wegkom van standaard Hollywood-resepte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.