FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

U-Carmen eKhayelitsha

Suzette Myburgh

Spelers: Pauline Malefane, Andile Tshoni, Lungelwa Blou, Zorro Sidloyi
Regisseur: Mark Dornford-May

Een van die dinge wat die lewe interessant maak, is teenstelling, of meer spesifiek dan jukstaposisie; gevolglik word dié tegniek ook dikwels in kuns gebruik. En hoe groter die teenstelling, hoe groter die aangename verrassing en plesier as dit wérk. Soos die geval is met U-Carmen eKhayelitsha, wat gegrond is op Georges Bizet se bekendste opera, Carmen. Bizet se verhaal uit 1875 oor 'n vurige sigeunerin word hier in 'n Kaapse township geplaas.

Enige suksesvolle verwerking of vertolking van Carmen hang in die eerste plek af van die titelkarakter, en met Pauline Malefane in dié rol slaag regisseur Mark Dornford-May in elke opsig. Vanaf die openingstoneel, waarin 'n manstem sy geliefde beskryf terwyl op Malefane se gesig gefokus word, hou sy die kyker gevange met die donker taal van haar lyf en oë. Ook haar sang is pragtig ryk en vol, en soms skreiend soet.

Bizet se verhaal word vindingryk aangepas en gelokaliseer, met treffende township-karakters, plekke en rituele, soos die vroue wat by die sigarethuisnywerheid werk, die sjebien, die offerande vir die besoekende operaster en Carmen se besoek aan die sangoma. Die milieutekening, agtergronde en kostuums is outentiek en wonderlik grinterig, en die libretto in Xhosa besonder musikaal.

Nog 'n belangrike aanpassing is dat die soldate polisiemanne word, en deur die element van verhoudingsgeweld sterk te belig, word uiters relevante sosiale kommentaar gelewer - wat nogmaals deur teenstelling soveel harder slaan omdat dit gepaard gaan met die pragtige operamusiek. Smokkelaars, wil dit lyk, is dieselfde in enige konteks!

Suiwer uit 'n musiekoogpunt is die sang hier en daar nie perfek nie, maar dié fliek is na my mening die een konteks waar musikale perfeksie dalk nie so gepas sou gewees het nie. Daarvoor word in elk geval vergoed met die egtheid van 'n ruwe diamant wat hierdie produksie kenmerk.

Met vanjaar se Oscars was ons breëbors toe Yesterday meegeding het, maar meer nog toe Khayelitsha se Carmen haar Goue Beer-toekenning by Berlyn in ontvangs geneem het. Dié prestasie is welverdiend.

  • Klik hier en besoek die U-Carmen eKhayelitsha webwerf



    LitNet: 15 Junie 2005

    Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.