FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Two weeks Notice

Coenraad Walters

Met: Sandra Bullock, Hugh Grant; David Haig.
Draaiboek en regie: Marc Lawrence.

Daar mag miskien baie lesers wees wat hierdie fliekvlooi skuins aankyk omdat hy nie net na hierdie prent gaan kyk het nie, maar ook skaamteloos erken dat hy dit geniet het. Ek het lanklaas so hard en lekker en baie in ’n fliek gelag, en ek is oortuig dat selfs effens veeleisende fliekgangers van dié prettige romantiese komedie gaan hou.

George Wade (Grant) is een van die rykste mense in die wêreld, maar sy sosiale vaardighede is nie altyd ewe opgeskerp nie, veral nie as dit by persoonlike verhoudings kom nie. Lucy Kelson (Bullock) is die prokureur-kind van twee aktiviste, en haar stryd om historiese geboue te red van groot ontwikkelaars laat haar dikwels in die gemors beland. Wanneer sy Wade persoonlik nader om hom te probeer oortuig om ’n bepaalde gebou te help red, stel hy haar aan as sy hoofprokureur … die begin van ’n redelik gespanne werksituasie. Verder hoef ’n mens nie veel te verklap nie: die twee vind mekaar natuurlik ten slotte— g’n verrassings hier nie!

Maar die pad na die vanselfsprekende einde is groot pret. Lesers mag my onvergenoegdheid onthou met die verfilming van twee van Oscar Wilde se toneelstukke, An ideal husband en The importance of being Earnest. Hierdie draaiboek is moontlik net so spitsvondig as Wilde se werk, maar omdat dit as draaiboek gekonsipieer is, werk dit op film.

Voorts is die spel skitterend. Ek dink nie ek het Grant al ooit so op sy stukke gesien nie. Hy speel nou wel in ’n groot mate ’n ryker, meer selfversekerde inkarnasie van sy “bumbling Brit”-rolle in Four weddings and a funeral en Notting Hill, maar juis die subtiele aanpassings daarvan werk uitstekend. Bullock is ook nommerpas in dié rol— dalk het haar tweede rol as vervaardiger van die prent iets daarmee te doen. Dis ook goed om Haig weer te sien as George se broer— ’n mens onthou hom ook uit Four weddings en die skitterende Britse sitkom The thin blue line.

Nee wat, moenie te veel soek nie, veral nie diepsinnighede nie, en gaan geniet ’n vrolike aand in die bioskoop. Neem baie mense saam: vir ’n verandering is die banaliteitsvlak laag genoeg dat Ouma haar ook nie bloedrooi sal bloos nie!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.