FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Top tien flieks vir 2003

Suzette Kotzé


verbatim@intekom.co.za

1) Apocalypse Now — Redux
2) The Pianist
3) Lantana
4) City of God
5) Adaptation
6) Talk to her
7) Amandla! A Revolution in Four-part Harmony
8) Behind the Sun
9) Frida
10) Antwone Fisher

1) Apocalypse Now — Redux

Francis Ford Coppola se omstrede fliek is sekerlik dié bepalende film oor die Viëtnam-oorlog. Dit beeld die absolute waansin van oorlog op meesterlike wyse uit, maar die briljantste daarvan is dat hy daarin slaag om die kyker sáám met hom te neem. ’n Oorrompelende skouspel wat nog net so relevant is as in 1979 toe dit die eerste keer vrygestel is.

2) The Pianist

Ná soveel Holocaust-films tref Roman Polanski se sobere uitbeelding van die lot van die Pole in die Krakow-ghetto steeds diep. Deur die lewensverhaal van die Poolse komponis en pianis Wladyslaw Szpilman beleef die kyker één mens se lyding in hierdie gruwelike geskiedenis van ’n neuslengte af, sodat dit selfs meer werklik raak as in Schindler’s List. Tog behou Polanski die balans dat daar boos én goed aan albei kante van ’n oorlog is, en lewer so ’n versoenende en universele boodskap. Sy Oscar as beste regisseur was welverdiend, en so ook Adrien Brody s’n as beste akteur.

3) Lantana

Hierdie briljante Australiese film kon net sowel no. 1 of no. 2 op my lys gewees het; die enigste rede waarom dit nie is nie, is omdat die gegewe (die lewens van ’n klomp doodgewone inwoners van die stad Sydney) nie so verreikend is as bostaande twee oorlogflieks nie. Maar as ’n grondige uitbeelding van die kompleksiteit van die liefde en die pyn van verhoudings is hierdie intrigerende “speurverhaal” weergaloos. Dit getuig in elke opsig van uitmuntende vakmanskap. Al die akteurs is uitstekend gekies vir hul rolle en lewer skitterspel, maar Anthony LaPaglia verdien spesiale vermelding.

4) City of God

As jou maag sterk genoeg is vir die geweld, kan jy hierdie fliek sien vir wat dit is: ’n verstommende kragtoer. Die alledaagse lewe in ’n krotbuurt van Rio de Janero, ironies bekend as “City of God”, is een van bendegeweld, nimmereindigende skietery en doodslag — soos die briljante openingstoneel van ’n mes wat skerpgemaak word vir ’n hoenderslagtery al voorspel. Maar die regisseur dwing die kyker om al die skakerings van menswees ook dáár raak te sien en te waardeer.

5) Adaptation

Slim flieks kan maklik irriterend wees, maar hierdie een, wat werklik slim is, boei en vermaak enduit. Met al die krulletjies en draaitjies, truuks en binnegrappies is dit ’n ontleder van die postmodernisme se droom. Nicolas Cage in sy dubbele rol is die warm hart van die fliek, Meryl Streep verras met ’n vars vertolking en Chris Cooper kan spog met sy Oscar as beste manlike byspeler.

6) Talk to her

Pedro Almodóvar lewer nogmaals ’n interessante bydrae tot die gesprek oor manlikheid en vroulikheid. Maar uiteindelik delf sy film dieper om dít bloot te lê wat die verskille tussen die geslagte oorskry: kommunikasie, vriendskap en liefde. ’n Uitstaande voorbeeld van ’n film met ’n oorspronklike invalshoek en ’n regisseur volkome in beheer van sy stof.

7) Amandla! A Revolution in Four-part Harmony

Met die tienjarige viering van ’n demokratiese Suid-Afrika om die draai, is Lee Hirsch se uitstekende dokumentêr oor die bevrydingstryd besonder aktueel. Om musiek as invalshoek te gebruik om die apartheidsgeskiedenis te belig, was ’n briljante idee, en die wonderlike musiek maak die film se inhoud draaglik. Dit behoort verpligte kykstof vir alle Suid-Afrikaners te wees.

8) Behind the Sun

Walter Salles, die regisseur wat in 1998 die Oscar ontvang het vir beste buitelandse rolprent met Central Station, doen sy reputasie gestand met hierdie besonderse “klein” juweel. Die verhaal van “dirt-poor” Brasiliaanse werkers wat van geslag tot geslag hul bloedoorloë oor grond voortsit, belig oermotiewe en -temas in die mens. ’n Film wat bevestig dat die treffendste kuns dikwels in eenvoud lê.

9) Frida

Die fliekjaar het twee films oor beroemde kunstenaars opgelewer: hierdie een oor die Mexikaanse skilder Frida Kahlo, en The Hours oor die Britse skrywer Virginia Woolf. Laasgenoemde is ’n werklik uitstekende fliek, maar my keuse val op Frida; ek was meegesleur deur die warmte, die groot karakters, dramatiese verhaal, ryk kleure, stylvolle beligting en hartstogtelike musiek. Die intelligente manier waarop haar skilderye met die filmtonele geïntegreer word, maak dit ook ’n waardevolle kuns-fliek.

10) Antwone Fisher

Sekerlik ’n baie persoonlike keuse, maar hierdie fliek, gebaseer op die ware verhaal van ’n belowende vlootsoldaat wat vir behandeling na die basis se sielkundige gestuur word omdat sy plofbare humeur sy loopbaan in gevaar stel, was die verrassing van my fliekjaar. Denzil Washington, wat nog altyd beïndruk het as akteur, doen dit hier ook met sy debuut as regisseur, en die jong Derek Luke is uitsonderlik in die titelrol — des te meer omdat dit sy heel eerste toneelervaring is.



16 Desember 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.