FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Thirteen

Coenraad Walters

Met: Holly Hunter, Evan Rachel Wood, Nikki Reed, Brady Corbet, Jeremy Sisto
Draaiboek: Catherine Hardwicke en Nikki Reed
Regie: Catherine Hardwicke.

Dikwels kom ’n mens te staan voor ’n rolprent wat eintlik grondig onaangenaam is omdat jy nie wil aanvaar dat die storie voor jou geloofwaardig is nie. City of God is ’n goeie onlangse voorbeeld. Tog doen dit nie afbreuk daaraan dat ’n stuk werklikheid voorgestel word nie, en dat dit buitengewoon goed gedoen word nie.

Tracy (Wood) is dertien. Sy speel met Barbie-poppe en is goeie maats met ’n paar akademiese uitblinkers. Maar op sosiale vlak is sy nie ’n ster nie. Dan slaag sy daarin om die oog te vang van Evie (Reed), die coolste meisie in die skool — en skielik verander Tracy se lewe ingrypend.

Haar ouers is geskei en haar ma Melanie (Hunter) probeer haar spreekwoordelike bes. Hoewel sy en Tracy skynbaar ’n goeie verhouding het, maak haar liefde vir die oënskynlik hopelose Brady (Sisto) sake nie makliker nie. Wanneer Tracy so begin verander (kleredrag, gewoontes, manier om haar ma aan te spreek), weet Melanie nie werklik wat om te doen nie.

Die slot van die film suggereer ’n ruskans in die maalstroom waarby Tracy en Evie hulself laat intrek, en wat Melanie ook onwillekeurig meesleur. Maar dit bied sekerlik nie ’n finale oplossing nie.

Die spel in die prent is uit die boonste rakke. Evan Rachel Wood is vreesaanjaend as enige ouer se nagmerrie: ’n perfekte kind wat onherkenbaar verword. Ook Hunter en Reed is skitterend in hul rolle, en die ondersteunende akteurs lewer kwaliteitwerk.

Daar word uitvoerig gebruik gemaak van die handkamerategniek, iets wat my gewoonlik meer irriteer as meevoer. Hier was dit duidelik hoe dié beweeglike kamera die kyker intrek in die gevoelens van die karakters, en die kontraste tussen impulsiewe beweging en skielike oomblikke van rus was interessant. Regisseur Hardwicke is ’n talent om dop te hou — ek hoop ons sien baie meer van haar in die jare wat voorlê.

Natuurlik is daar lesse te leer uit so ’n verhaal, tog preek die draaiboek nie. Ouers en hul tieners behoort die fliek saam te gaan kyk en lang besprekings te voer agterna — daar’s beslis veel te trek uit hierdie storie. Hopelik iets positiefs. En enige fliekvlooi wat van eerlike filmkuns hou, behoort nie hiervan weg te skram nie.



LitNet: 17 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.