FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Wees baie bang

Dit is die eerste van tien rillers wat bespreek gaan word. Die volledige lys verskyn hieronder.

The Thing (1982)

Fritz Mouton

Regisseur John Carpenter

’n Mens moet hierdie rolprent se tagline waardeer: “Man is the warmest place to hide ...”

The thing
Carpenter het hierdie film gebaseer op een van die beter goue-era wetenskapfiksie kortverhale, “Who goes there?” deur John Campbell. Vreemd genoeg — vir ’n draaiboek het die veranderinge wat in die film-weergawe aangebring is die verhaal meer oemf gegee en dis beslis beter as die 1952/3 weergawe, “The Thing that came from Outerspace.”

Die verhaal speel af in Antarktika by ’n Amerikaanse navorsingstasie wat natuurlik in die middel van nêrens is.

’n Hond daag op, gejaag deur ’n paar mal Noorweërs in ’n helikopter wat hom probeer pap skiet en in die proses een van die basispersoneel wond.

Die Amerikaners skiet die vlieënier dood en sy helikopter bly in die slag. Nadat die hond vir ’n paar uur in die basis ronddwaal, sluit ons vrinne hom op saam met die ander honde.

Dis dan dat dinge vreemd en vieslik begin raak ...

Intussen vlieg die heldhaftige vlieënier, MacReady (redelik kompleks vertolk deur Kurt Russel), na die Noorweërs se kamp om die storie te gaan uitklaar en vind net lyke, van hulle gruwelik getransformeer en die res oënskynlik selfmoordgevalle.

Na vele leidrade kom hy agter dat die oorledenes ’n miljoen-jaar oue Vreemde Vlieënde Voorwerp onder die ys ontdek het wat ’n onsmaaklike passasier huisves — een wat van mens tot hond kan verander.

Soos die verhaal ontvou, raak dit duidelik dat ons karakters by die navorsingstasie nie meer seker kan wees wie nou eintlik wie is nie.

Aangesien die draaiboek baie informasie aan die kyker verskaf om die omstandighede te verstaan, beweeg die film teen ’n relatief rustige tempo.

Karakters word baie sterk uitgebeeld en raak dan onnodige stereotiep by tye, maar die situasie word darem gered deur verrassings om elke hoek en draai wat die kêrels dwing om meer persoonlikheid te ontwikkel.

Die spesiale effekte is skitterend (en skokkend), selfs gemeet aan deesdae se standaard. Die een “pragtoneel” wat uitstaan in The Thing, is waar een van die slagoffers se afgeskeurde kop agt insek-bene ontwikkel en onder ’n tafel inhardloop. Skrikwekkend!

Onder Carpenter se regie bou die spanning geweldig op en word die oorspronklike storie baie getrou weergegee, maar waar Campbell se verhaal die goeie ouens net-net laat wen is dié filmweergawe natuurlik meer grafies, met ’n einde wat definitief meer negatief en dubbelsinnig is — en so ook meer realisties.

Die regisseur het dit knap reggekry om nie die film in ’n sogenaamde Hollywood parodie te laat verval nie en nêrens kry ons aantreklike helde wat die Marsman se gat skop nie.

Al wat hier te bespeur is, is ’n klomp realistiese manlike karakters (ook geen liefdesverhaal) met ’n leier wat om elke hoek en draai kleitrap — tot en met die bitter einde.

The Thing is een van my gunsteling video-keuses en ook ’n film met meer as genoeg subteks om ’n intelligente gesprek so half aan die gang te hou ... dit kry vier uit vyf.

Volgende week vertel ek meer van die oorspronklike The Texas Chainsaw Massacare. Tot dan — rustig slaap …

Die lys van flieks onder bespreking:

  1. The Thing (regisseur: John Carpenter, 1982)
  2. The Texas Chain Saw Massacre (regisseur: Tobe Hooper, 1974)
  3. Re-animator (regisseur: Stuart Gordon, 1985)
  4. Basket Case (regisseur: Frank Henenlotter, 1982)
  5. The Shining (regisseur: Stanley Kubrick, 1980)
  6. Rosemary’s Baby (regisseur: Roman Polanski,1968)
  7. Freaks (regisseur: Tod Browning,1932)
  8. Das Cabinett des Doktor Caligari (regisseur: Robert Wiene, 1920)
  9. The serpent and the rainbow (regisseur: Wes Craven, 1988)
  10. Halloween (regisseur: John Carpenter, 1978)

Die jongste bydraer in Litnet se FilmFundi stal het ’n ensiklopediese kennis van flieks — oud en nuut. Fritz Mouton is dalk wat ’n mens kan noem ’n “professor in rolprentkennis.” Benewens sy dagtaak (grafiese ontwerper by M-Web in Kaapstad) is die ander passie in sy lewe video’s, die groot skerm en navorsing oor flieks, akteurs en gepaardgaande inligting.

Oor die volgende tien weke sal hy sy tien gunsteling gruwelflieks onder ’n grillerige vergrootglas beskou en ’n punt uit vyf toeken vir elk. Soos hulle sê: “be afraid, be very afraid …” daar is ’n vreemde iets daar buite wat leef … (en hy weet meer as jy, maar hy is bereid om sy kennis te deel).

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.