FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Flyer

Suzette Myburgh

Spelers: Ian van der Heyden, Marcel van Heerden, Craig Palm, Jarrid Geduld, Marvin Pasqualie
Regisseur: Revel Fox

Trots Suid-Afrikaans word al meer van toepassing op ons plaaslike filmtoneel, en hoog tyd ook. Ons het net soveel wonderlike stories om te vertel soos enige ander land ter wêreld. So 'n eg menslike verhaal is The Flyer - is dit ontleen aan die totstandkoming van die Zip Zap Sirkus?

Spies en Kier (vir Kieren) is twee Kaapse straatkinders, en in die tipiese idioom van bendes is hulle mekaar se alles: ma, pa en familie. In hul roof- en steelpogings om aan die lewe te bly, is Kier se akrobatiese vermoëns belangrik - hy is so vinnig en rats dat min hom kan inhaal. Eendag gryp hulle die aktetas van die kreupel Anders Larsen (Marcel van Heerden), 'n gewese sweefstokarties. Hy het Kier se talent opgemerk en toe hy hom 'n paar dae later weer op straat sien, gryp hy hom en dwing hom saam na sy blyplek - 'n reuse-skuur waarin hy sweefstokartieste, of flyers, soos hulle in die binnekring genoem word, afrig. Anders laat Kier los werkies doen, maar Kier is besonder geïnteresseerd in die hoë toue en platforms en sy aanleg wys dadelik.

'n Tydjie later loop een van hul rooftogte skeef en Kier word deur 'n polisieman gevang. Spies steek die man met 'n mes en skree Kier moet vlug, maar dan word hy self gevang. Met Spies in die tronk, het Kier geen heenkome nie. Hy gaan na Anders, wat hom begin afrig. 'n Paar jaar later is hy gereed vir sy debuut, maar net dan verskyn Spies weer op die toneel. Hy is uit die tronk en beide is al jong mans. Spies, wat nou 'n 26 is, wil verder 'n bestaan maak uit misdaad, en die ratse Kier is mos sy broer . . . of wil Kier dan nou 'n ander pad loop, veral oor daar nou 'n meisie (Kim Engelbrecht) in sy lewe is? Die spanning wat in die uitstekende openingstoneel gewek is, hou die kyker tot die einde aan die wonder, wanhoop en hoop.

The Flyer is geen City of God nie, maar dis 'n waardige poging. Die storie en interaksies is taamlik eenvlakkig, maar die egtheid bekoor en die regisseur verdien lof vir 'n hele klompie aspekte. Veral die straatkinders se lewe word outentiek uitgebeeld, en die jong akteurs in hierdie rolle, Jarrid Geduld as die jong Kier en Marvin Pasqualie as die jong Spies, lewer van die beste spel. Deur slim kameraskote blyk Kaapstad se skoonheid te midde van die karakters se onder-die-spoorlyn-lewens en word die kyker genadiglik die poskaartperspektief gespaar. Die straatkinders praat outentieke Kaapse Afrikaans wat met Engelse onderskrifte weergegee word - twee regmerke daarvoor. Die sweefstokartieste se toertjies is werklik asemrowend - as jy hoogtevrees het, kan jy maar weet jou hande gaan sweet! Die slot, 'n belangrike aspek van enige verhalende kunswerk, is goed gedoen.

Na my mening is een van die belangrikste redes om ons filmbedryf te ontwikkel die ontginning van plaaslike talent. The Flyer doen presies dit, en 'n mens sal graag in die toekoms meer wil sien van die besonder aantreklike Ian van der Heyden, wat uitstekend geplaas is as die ouer Kier, sowel as Craig Palm as die ouer Spies. Kim Engelbrecht, wat al goed bekend is as sepie-aktrise, vaar goed as Mickey en Marcel van Heerden lewer ook betroubare spel as die nogal komplekse Anders.

Die vertolkings sowel as die film is nog glad nie Oscar-gehalte nie, maar verdien beslis die kompliment local is lekker. Die patriot in my sê: Gee ons meer!



LitNet: 31 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.