FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Spider-man

André Crous

cinephile2@yahoo.com

Goeie genade. Niemand sou kon raai dat ’n fliek so liederlik die spoor kan byster raak nie. Vanaf die eerste oomblik wat Peter Parker - Spinnekopman as doodnormale individu — se stem op die voice-over deurkom, het ek getwyfel of dit gaan werk. Dit, en ongelukkig ook die res van die daaropvolgende twee uur, klink soos iets uit 'n … ’n studiofilm? ’n studentepoging? … Nee, ek dink nie ek het al ooit iets gehoor wat heeltemal tot op hierdie vlak daal nie. Oomblikke van romanse en vertwyfeling en haat en verwondering is alles oorskryf ad nauseam horribilem.

Ek het baie lekker gelag, ja, maar dié is NIE ’n komedie nie. Ten minste, dit is waarskynlik nie wat die draaiboek gepoog het nie. Waarna het die regisseur, Sam Raimi (die vader van die 1980-kultusfilm The evil dead) gemik met hierdie belaglike prent? Ek twyfel of hy ’n kunstema soos die aanwending van die filmmedium en die jare van clichés wat almal ken wat al meer as vyf flieks gesien het, tot sy voordeel wil gebruik en ons bewusmaak van die fliek as ’n fliek. As dít sy bedoeling was, is ek jammer en sê ek geluk.

Maar ek twyfel. Sterk.

As ek net kyk na die aandag wat in die dialoog ingegaan het, met karakters wat daardie soort gesprekke het wat slegs ’n middel is om informasie aan die kyker oor te dra, sal julle my probleem verstaan. Verbeel jou ’n karakter in een of ander fliek sê die volgende: “Jy weet mos van die dubbelverdiepingstrandhuis op Bettiesbaai wat ek en my vrou laas somer vir soveel rand by hierdie eiendomsagent gekoop het, naby blablabla; wel.” Wat op aarde sal enige regdenkende mens besiel om só met iemand te kommunikeer? Suksesvolle kommunikasie benodig slegs soveel inligting as wat nodig is. Indien enigiets, sal die vorige voorbeeld die hoorder net nóg meer verwar.

Sulke dialoog is ongelukkig meganismes wat die draaiboekskrywer gebruik om inligting aan die kyker oor te dra. Daar kan nie stilgestaan word vir ’n lang beskrywing wat ’n aantal bladsye in ’n boek beloop nie. Maar om die kyker se aandag blatant te trek na die swak dialoog help die fliek glad nie.

Die arme akteurs wat met bladsylange speeches vir alledaagse kommunikasie gekonfronteer word, is Tobey Maguire (Pleasantville, Cider House Rules) as Peter Parker / Spider-man; Willem Dafoe (Platoon, Boondock Saints) as Green Goblin / Norman Osborne; Kirsten Dunst (crazy/beautiful) as die love interest Mary Jane “MJ” Watson; en Peter se beste vriend Harry Osborne (James Franco, wat ’n Golden Globe vir die hoofrol in die onlangse TV-film James Dean ontvang het vroeër vanjaar).

Oor die algemeen hanteer hulle die dialoog so goed soos wat hulle kan, maar dan is daar die cliché-tonele waar ons karakters huil of hartseer of bly is en die kamera track stadig nader in slow motion en dít wat in elk geval weggelaat moes gewees het, word steeds verder uitgerek.

Wanneer Spider-man die geboue opklim, lyk dit goed. Die special effects is alles heeltemal voldoende. Nog ’n probleem is egter die kere wanneer hy en die Green Goblin besig is om te fight. Die tonele word só opgesny in verskillende shots dat die kyker basies net gelei word deur die sound effects van ’n “doef!” of ’n “poef!”. Dit is regtig sloppy filmmaking en dit gee my ’n maagseer.

’n Ander ding, net interessantheidshalwe, is die feit dat Sam Raimi die Twin Towers uit die film gehaal het. In ’n voorprent laasjaar het ons die spinneweb tussen die twee torings gesien, maar hierdie toneel is uit die film gesny. Só ook, ten spyte van wat Raimi self sê, is enige teken van die torings in enige shot van New York uitgehaal. Ek dink sulke optrede is verregaande. Waarom moet duisende ekstra dollars hierop gespandeer word? Um ... omdat die mense nie aan 11 September herinner wil word nie? My goodness, die vliegtuie wat vasvlieg en die torings wat ineenstort, is seker 300 keer op CNN gewys, en sal waarskynlik weer hierdie September gewys word. Nóg ’n bewys van die graad van intelligensie van dié wat by die maak van die fliek betrokke was.

Ek dink die fliek is absurd en — sonder om te vergelyk, maar net om te bewys dat ’n comic book wel verfilm kan word, met baie, baie, baie beter resultate — tX-Men was twintig keer beter.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.