FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Under solen (Under the sun) 1998

Coenraad Walters

Met: Rolf Lassgård, Helena Bergström, Johan Widerberg
Draaiboek: Johanna Hald, gebaseer op ’n verhaal van H.E. Bates
Regie: Colin Nutley

Wat was en is, sal wees; wat gedoen is, sal weer gedoen word, en daar is niks nuuts onder die son nie.

Hierdie byna Bybelse waarheid is die aanvangswoorde van die Sweedse rolprent Under solen word teen die slot herhaal, ’n struktuurelement wat hierdie oerverhaal saambind en sluit.

Outjie-kry-meisie, outjie-verloor-meisie, outjie-kry-meisie-terug: beslis nie ’n nuwe storie nie, maar geen kyker, behalwe dié wat terminaal sinies is, sal sonder ’n droë oog of ’n blye hart uit hierdie fliek uitstap. Die rustige pas waarteen dit vertel word, mag kykers wat besoedel is deur die frenetiese redigering in populêre rolprente, grensloos irriteer, maar dit is juis een van die grootste pluspunte in dié fliek.

Olof (Lassgård) se ma is jare gelede al oorlede, en hy hou nou maar die plaas aan die gang. Hy is eenvoudiger as die meeste mense, maar geensins disfunksioneel nie, behalwe dat hy nog nooit leer lees het nie. En nog ’n maagd is op veertig. Sy getroue vriend Erik (Widerberg) help hom met leeswerk, en vermaak Olof wanneer hy vertel van sy wedervaringe op die luukse skepe waarop hy werk. En van al die meisies wat hy al gehad het, en gehad het. Olof se wêreld word hierdeur verbreed.

Olof sing darem in die kerkkoor, en selfs in Swede, waar daar persentasiegewys meer koorsangers is as rugbyspelers in Suid-Afrika, is ’n kerkkoor maar ’n kerkkoor — nie teelaarde vir ’n eerste verhouding nie!

’n Koerantadvertensie lok ’n huishoudster vir Olof: die beeldskone Ellen Lind (Bergström) kom op die dorpie aan. Natuurlik met ’n geheim. Sy steel Olof se hart, en ontbloot die aard van Erik se vriendskap met hom. Haar verlede, Olof se onvermoë om te lees en Erik se selfgesentreerdheid en jaloesie skep ’n skrynende stukkie tragedie, wat maar al te menslik is.

Omdat die kamera lank op karakters se gesigte fokus, word heelwat karakteropenbarende oomblikke vasgevang, en ’n mens voel dat jy die karakters na ’n rukkie goed ken en iets van hul klein lewens verstaan. Hul verhaal, wat ontplooi teen die pragtige Sweedse somerlandskap, kom enersyds beperk voor, en tog andersyds universeel, iets wat gesuggereer word deur die beelde van vliegtuie wat geluidloos deur die hemel klief.

Colin Nutley is ’n Britse regisseur wat hom in Swede gevestig het en getroud is met Helena Bergström. Under solen is genomineer vir ’n Buitelandse Oscar, en het ander pryse en nominasies op filmfeeste ingeoes.

Te stadig vir party, te deeglik en selfs te “precious”. Maar ’n fees vir ’n romantiese siel. En weens die uitmuntende kamerawerk, nie iets vir die klein skerm nie. Gaan geniet dit!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.