FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Soft fruit (2000)

Coenraad Walters

Met: Jeanie Drynan, Linal Haft, Geneviéve Lemon, Sacha Horler, Alicia Talbot, Russell Dykstra
Draaiboek en regie: Christina Andreef

Wees gewaarsku: ’n mens pak nie hierdie Australiese prent met kaal hande aan nie. En tog, ten spyte van die erns van die gegewe en die grinterige karakters, het ek dit nie swaar of ontoeganklik gevind nie. Dit was eerder een van die prente wat my die meeste in ’n lang tyd “vermaak” het. In hierdie opsig het dit my herinner aan All about my mother en Karakter.

Natuurlik sal baie kykers nie dieselfde ervaar as wat ek het nie. Ek plaas daarom die woord “vermaak” doelbewus tussen aanhalingstekens: ’n sterwende vrou (kanker) ontbied haar drie dogters en haar seun huis toe vir ’n laaste byeenkoms. Patsy (Drynan) het lank blymoedig gestry teen die siekte, maar sy voel die einde is naby.

Josie (Lemon) vlieg in uit die VSA, waar haar man werk. Sy bring haar twee kinders saam. Nadia (Horler), pas geskeide moeder van twee, en die ongetroude Vera (Talbot) woon veel nader, maar hul reise is nie noodwendig eenvoudiger nie. Die seun Bo (Dykstra) is ’n uitvaagsel met ’n hart van goud. Dit blyk dat hy al in die tronk was en daar is sprake van parool. Die vader des huises, Vic, ’n beneukte Oos-Europese immigrant wat al 35 jaar in Australië is (Haft), laat Bo nie eers in die huis toe nie: hy moet in die skuur loop slaap. As hy sy ma wil sien, moet hy skelm deur die venster inklim.

Hierdie “resep” is al dikwels tevore gevolg. Marvin’s room spring in die geheue op, asook die eweneens skouspelagtig disfunksionele Deense gesin in Festen (The celebration). En tog is die proses waardeur hierdie fassinerende klomp karakters gaan, oortuigend en verfrissend. Die drie oorgewig dogters begin saam met ’n dieet. Bo “ontvoer” sy ma omdat sy graag vir oulaas langs die strand wil gaan stap. Nadia is nog nie heeltemal van haar gewese man “gespeen” nie. En een van die mees bisarre vader-seun-versoeningstonele (wat nie werklik versoening is nie) kom in Soft fruit voor.

Gedenk dus my waarskuwing — dis nie ’n gladgelekte, soetsappige Amerikaanse sage waarin liefde alles oorwin nie. En dis nie die soort familie wat jy poedelkaal wil sien nie (wel, darem net drie van hulle…). Maar as jy ’n fliek soek vol interessante, ongeslypte karakters, of belangstel in hoe gesinne (nie) werk (nie), dan is Soft fruit bes moontlik net vir jou.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.