FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Sitcom (1998)

Coenraad Walters

Met: Evelyne Dandry (die ma); Francois Marthouret (die pa); Marina de Van (Sophie); Adrien de Van (Nicolas); Stéphane Rideau (David); Lucia Sanchez (Maria); Jules-Emmanuel Eyoum Deido (Abdu)
Antoine Fischer (Gregory)
Draaiboek en regie: Francois Ozon
Verdere vertonings tydens die fees: Dinsdag 13/2 (20:15); Sondag 18/2 (18:00)

Die titel verwys na ’n oorbekende televisiegenre. In hierdie geval word daar eintlik die spot gedryf met die oënskynlik kerngesonde gesinne wat dikwels in sitkoms opgedis word.

Die vader van die huis bring eendag ’n rot huis toe. Hy het dit iewers gesien en moes dit net koop, hok en al. Die rot betower die res van die huishouding ook, insluitende die ma, wat van die begin af die rot wantrou en eers heelwat later onder sy invloed kom — met skokkende gevolge!

Nicolas skok eerste sy gesin deur een aand aan tafel, voor gaste, aan te kondig dat hy gay is. Een van die gaste, Abdu, werk met tieners en gaan praat dan met hom in sy kamer. Dit blyk dan dat hy daardie aand aan tafel self eers daarvan bewus geword het. Sy eerste gay ervaring, op maat van die derde beweging van Mahler se vierde simfonie met seegeluide daarby ingemeng, en met die strandtoneel teen sy kamermure, is ’n aanduiding van die toon van die prent: ’n ernstige gespot met mense en hul sekslewens.

Sophie spring een nag by ’n venster uit en raak verlam. Sy is dan aangewese op die vreugdes van sadomasochisme, en haar kêrel, die lydsame David, speel ’n tyd lank nederig saam. (Stéphane Rideau, wat David vertolk, is ’n paar jaar gelede hier gesien in sy rolprentdebuut, André Techine se ontroerende Les rouseux sauvage (Wild reeds).)

Die Spaanse bediende, Maria, probeer David met ’n Spaanse spesialiteit opkikker, en is glad nie meer so hardwerkend as aan die begin nie.

Die pa se poging om van die rot ontslae te raak in opdrag van die gesin is uiters onsuksesvol en lei tot ’n grillige afloop vir die verhaal.

Hoewel daar ernstige temas in die verhaal ingeweef word, word almal so lighartig hanteer — selfs die bloedskande — dat die komedie, hoewel swart (jammer, Abdu), steeds komedie bly en nie noodwendig ’n ernstige boodskap oordra nie.

Volgens Nodi Murphy, een van die organiseerders van die Gay en Lesbiese Filmfees, het fliekgangers in Johannesburg gekla dat Sitcom nie “queer” genoeg is nie, met ander woorde — in Newspeak — nie ’n sterk genoeg stelling omtrent gay sake maak nie. Maar as die oorspronklike betekenis van die woord in gedagte gehou word (raar, vreemd, ongewoon), is Sitcom bepaald queer. Nie noodwendig enigeen se idee van ’n wonderlike fliek nie, maar as gevolg van sy “andersheid” ’n interessante ervaring is.

  • Lesers wat geïnteresseerd is in meer inligting omtrent die Fees, ook oor hoe om te verseker dat die Fees sal voortbestaan, kan gerus die organiseerders Out in Africa se webblad (www.oia.co.za) besoek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.