FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Sexy Beast (2000)

Coenraad Walters

Met: Ray Winstone (Gal); Ben Kingsley (Don Logan); Ian McShane (Teddy Bass); Amanda Redman. (Deedee); James Fox (Harry die bankbestuurder).
Draaiboek: Louis Mellis en David Scinto.
Regie: Jonathan Glazer


Om te sę Sexy beast is ’n bankrooffliek, is soos om te sę The silence of the lambs is ’n reeksmoordenaarverhaal. Natuurlik is dit waar, en natuurlik is dit maar net die oortjies van die seekoei.

Van die buitengewone openingstoneel, met Gal wat homself in die son laat braai langs sy swembad, weet die kyker waarom hierdie fliek in die kunsteaters speel. Die tong van die skeppende span is kniediep in die kies, en die klem lę glad nie op die hoe van die verhaal nie (hoewel die storie ook op hierdie vlak verras).

Gal (Winstone) is ’n “ afgetrede” kroek wat met sy geld en sy geliefde Deedee (Redman) Spanje toe is om weg te kom van die bedryf af. Helaas is Spanje egter net ’n vliegtuigrit ver, en wanneer Don Logan (Kingsley) ’n span nodig het vir ’n moeilike takie vir ’n moeilike baas (McShane), druk hy lank en aanhoudend op Gal se nommer. Soos gewoonlik trek sekere karakters voordeel uit die situasie, en ander word benadeel — maar wie staan aan watter kant van die vergelyking? Gaan kyk maar self.

Kritici is internasionaal gaande oor Kingsley se vertolking van die psigopaat Logan. Sy kragtoer suggereer die emosionele warboel in Logan se brein, die tuimeltreinrit waaraan hyself onderwerp is en wat ook diegene in sy omgewing diepgaande beïnvloed. Dit wat hy laat gebeur, en wat met hom gebeur, maak die swartheid van hierdie swart komedie nog donkerder. Sy teenwoordigheid alleen maak Sexy beast die moeite werd om te bekyk.

Tog is daar heelwat meer om te geniet: die slim vertelstruktuur, die spanning versny met middernaghumor, en ja, die veelseggende swembad.

Vermy as jou maag nie sterk genoeg is vir besonder gekruide taal nie. Maar as jy op soek is na ’n unieke rolprentervaring, moenie Sexy beast misloop nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.