FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Score (2001)

Coenraad Walters

Met: Robert de Niro, Edward Norton, Angela Bassett, Marlon Brando.
Draaiboek: Daniel E Taylor, Kario Salem, Lem Dobbs, Scott Marshall Smith.
Regie: Frank Oz.


Nick (De Niro) is ’n hoogs ervare dief. Hy werk met streng reëls: hy werk slegs buite sy tuisland (Kanada), nooit vir iets te groots nie, en hy waag nooit groot kanse nie. Hy kyk die kat eers uit ’n hele woud uit voordat hy ’n taak aanvaar. Maar hy het nou ’n rede om sy lewenstyl te verander: daar is ’n vrou (Bassett) wat nie vir hom in die tronk wil kom kuier nie. Net voordat hy aftree, vra ’n ou vriend (Brando) hom ’n groot guns: ’n laaste opdrag.

Dié taak is egter meer kompleks as tevore: dis in sy tuisstad, Montreal; hy werk saam met selfversekerde nuweling Jack (Norton); en daar is meer agendas agter die plan as wat hy dadelik kan raaksien. Tog druk hy deur, teen sy beterwete in.

Hierdie verhaal is sekerlik nie oorspronklik nie, selfs moontlik nie eers in die jakkalsdraaie waarmee die kyker geboei word nie. Bowendien is daar vele flieks met ’n soortgelyke verhaaltrant wat veel meer aksie bevat: ontploffings, jaagtogte, en soortgelyke adrenalieninspuitings.

Tog is The score die moeite werd om te sien: die spel van veral Norton en De Niro is uit die boonste rakke, onderspeel en nommerpas. Dis wonderlik om Brando weer in aksie te sien, en juis in ’n redelik goeie toestand! Die inkleding van die aksie en die toerusting vir die diefstal is interessant, en die draaiboek laat ’n mens meer agterkom omtrent die betrokkenes se persoonlikhede en hul motiverings.

’n Mens kan sekerlik wonder oor die moraliteit van die saak: mag jy wens dat die fliek se protagoniste sukses moet behaal? Mag / moet jy aan die protagoniste dink as “helde”? Is die slot “regverdig” en mag jy daaroor lekkerkry? Maar ook nie een van hierdie vrae is nuut aan hierdie genre nie.

Regisseur Frank Oz is meer bekend vir komedies soos Dirty rotten scoundrels, In and out, die musical Little shop of horrors en ’n hele paar Muppet-avonture. Voorts is sy stem gebruik as dié van Miss Piggy van die Muppet-span, van Yoda in die Star wars reeks en in die onlangse Monsters, Inc. Hy is volgens die Internet Movie Database bygestaan as regisseur deur Robert de Niro self.

Vir ’n herbesoek aan ’n bekende gegewe wat baie stylvol verfilm en gespeel is, word The score aanbeveel.

En as die titel dubbelsinnig gelees kan word, kyk mooi: klankbaankomponis Howard Shore het onlangs ook The lord of the rings van musiek voorsien, en hy het gerekende ouer treffers op sy kerfstok: Se7en, Philadelphia, Mrs. Doubtfire, The silence of the lambs. Met De Niro se karakter die eienaar van ’n jazz-klub, is die rustige jazz alleen genoeg rede om na dié prent te gaan kyk!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.