FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Red dirt (1999)

Coenraad Walters

Met: Dan Montgomery Jr. (Griffith Joseph Burns); Aleksa Palladino (Emily Whaley); Karen Black (Aunt Summer); Peg O’Keef (Lynn Thomas); John Mese (Bill Thomas); Glenn Shadix (Virgil Cunningham); Walt Goggins (Lee Todd)
Draaiboek en regie: Tag Purvis
Verdere vertoning tydens die fees: Woensdag 14/2 (22:00)

Vir sommige fliekvlooie, soos hierdie een, is dit heerlik om jouself sit te maak en nege flieks oor ’n naweek te sien, veral as ’n geleentheid soos die Suid-Afrikaanse Gay en Lesbiese Filmfees hom/haar voordoen. Maar partymaal wonder jy dan of jy aan almal van hulle laat reg geskied. Red dirt is juis een van hierdie gevalle.

Dis een van slegs twee Amerikaanse flieks wat ek gesien het op die Fees, en dit kleur ’n mens se verwagting dadelik. Die konteks van die Fees self speel ook ’n rol.

Dit speel af in ’n piepklein dorpie in die Amerikaanse suide: Pine Apple in Mississippi. Griffith is ’n jongman wat nog nooit die groter wêreld verken het nie: sy ouers is in ’n motorongeluk dood toe hy nog ’n baba was, en hy is deur sy Aunt Summer en dié se man grootgemaak. Die oom, wat maar ’n harde man was, is reeds dood, en Aunt Summer se varkies is nie meer almal op hok nie. Griffith se niggie Emily is dolverlief op hom, maar hy wil nie aan dié aas byt nie, weens die familieverwantskap. Dan daag Lee Todd op om die cottage op die plaas te huur.

Vele verhaaldrade wat bekend is uit plattelandse stories, en veral omtrent die Amerikaanse Suide, is teenwoordig: familiegeheime en -vetes, verbondenheid aan die grond en familie, en die strewe om aan die benepenheid te ontvlug; en die ontdekking van die self.

Die komplekse web emosies en verhoudings word subtiel verfilm. Natuurgeluide suggereer die byna tropiese omgewing, en bykans die enigste musiek wat gehoor word, is Aunt Summer se plate.

Miskien is die aanslag net effens te selfbewus en te subtiel: daar word geen vinnige gratifikasie aangebied nie, iets wat Feesgangers moontlik sou wou hê. Maar die verhaal bly frustrerend. As die persoon opdaag wat jou uit jou byna onopgemerkte maar tog intense selfsoeke losskud, sal jy hom sommer weer laat wegkom? Twee maal?! Helaas ja, blyk dit: repressie kan so sterk wees. Ai.

  • Lesers wat meer inligting omtrent die Suid-Afrikaanse Gay en Lesbiese Filmfees soek, veral oor hoe om te help om die Fees se voortbestaan te verseker, kan gerus die organiseerders Out in Africa se webblad (www.oia.co.za) besoek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.