FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Girl with a Pearl Earring

Steyn du Toit

Regisseur: Peter Webber
Spelers: Scarlett Johansson — Griet
           Colin Firth — Johannes Vermeer
           Tom Wilkenson — Van Ruijven
           Judy Parfitt — Maria Thins
           Essie Davis — Catharina
           Cillian Murphy — Pieter
           Joanna Scanlan — Tanneke
           Alakina Mann — Cornelia

Resensies oor Girl with a Pearl Earring gaan jou meedeel dat ’n gelyknamige skildery, en boek, die inspirasie was vir dié film. Johannes Vermeer, ’n 17de-eeuse skilder, was die skeppende krag agter die kunswerk, terwyl die roman uitgetik is op Tracy Chevalier se tikmasjien. Jy sal ook hoor dat die Amerikaanse akteurs die hoofkarakter se naam verkeerd uitspreek, en alhoewel die kinematografie en toneelspel pluimpies verdien, die film as ’n geheel nie werklik die mas opkom nie — meestal vanweë bitter min dialoog en swanger stiltes tussen die verwisseling van sinne.

Girl with a Pearl Earring gaan egter oor die groter prentjie (pun intended), nie oor tegniese puntjies soos aksentgestremde naamuitspraak of ’n tekort aan sepiegladde dialoog nie. Lig, kleur en liggaamstaal is die penseel waarmee Peter Webber sy film skilder, en indien jy die film op enige gegewe tydstip pause, kyk jy na ’n Vermeer-skildery!

Met die aanskouing van alle kuns lê die interpretasie daarvan egter in ons eie, klein, subjektiewe verwysingsraamwerk. Tracy Chevalier plaas die meisie met die pêreloorbel as ’n diensmeisie in die huishouding van Johannes Vermeer. Tussen groenteskille uitsmyt, wasgoed was, en omsien na sy swerm kinders, vang Griet (Johansson) se natuurlike sensitiwiteit vir kuns Vermeer se oog — ’n onontwikkelde talent wat bestaan sonder geletterdheid of lewenservaring. Omdat Griet se woordeskat dit nie toelaat nie, kommunikeer hulle vervolgens dmv oogkontak, aanrakings en tevrede, kreatiewe stiltes. Alles gebeur onder die valkoë van die ander vrouens in Vermeer se lewe: sy passielose vrou Catharina (Davis), sy dominerende skoonma Maria (Parfitt), en sy slinkse oudste dogter Cornelia (Mann).

Uit kunslus ontwikkel daar uiteindelik ook ’n sekslus. Dit is waar Pieter (Murphy) inpas — ’n slagtersakoliet wat sy hart van goud verloor op Griet, en in die proses as gerieflike alternatief vir haar opgedamde drange dien. Maar die onvermydelike haal wel vir Vermeer en Griet in — die gevolg daarvan is die grootste sekstoneel wat ek nog op ’n silwerdoek aanskou het! Op die oog af lyk dit so: Vermeer neem ’n sissende naald uit ’n vlam en penetreer Griet se oorlel daarmee. Daarna tel hy sy vrou se pêreloorbel op en deurboor Griet se oor verder daarmee. Dis al. Die sensualiteit lê op hul koorsagtige wange, die teerheid in Vermeer se aanraking, en die orgasme in Griet se gulsige slukkies lug.

Vir my is dit, en die res van Girl with a Pearl Earring, groot kuns. Oor ’n jaar, wanneer my verwysingsraamwerk vergroot het, mag dit dalk nie meer so wees nie. Ongeag die uitkoms, sal dit egter altyd vir my as mylpaal dien — van die dag toe ek vir die eerste keer die krag van kuns op ’n fisiese manier beleef het. En dit is moeilik om in woorde te verduidelik.



LitNet: 18 Mei 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.