FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Onegin

Suzette Kotzé

Regisseur: Martha Fiennes
Spelers: Ralph Fiennes, Liv Tyler, Jude Law, Toby Stephens, Lena Headey

Daar moet iets in die Russiese psige wees wat hulle noop tot tragiese liefdesverhale, miskien die onmenslike koue en uitgestrekte sneeulandskappe. Hoe ook al, die Russe is bekend daarvoor dat hulle dinge op grootse skaal doen, of dit nou politiek, argitektuur of die uitbeelding van die liefde is. So ’n uitbeelding, wat herinner aan Tolstoi se beroemde Anna Karenina, is Eugene Onegin, die roman deur Alexander Pushkin waarop die film Onegin gegrond is. Voeg hierby die talentvolle Britse Fiennes-gesin, en jy het vodka en kaviaar.

Die film, knap geregisseer deur Martha Fiennes (suster van die bekende Ralph en Joseph — hul ander broer, Marcus, het Onegin se musiek behartig), speel af in 18de eeuse Rusland in die prag en praal van die tsaristiese tydperk. Eugene Onegin (Ralph Fiennes) is ’n lewensmoeë adellike wat hartlik verveeld is met sy lewe van eindelose partytjies en kletspraatjies in St Petersburg. Hy kry berig dat sy oom op sterwe lê en dat hy hom wil sien. Onegin sien op teen die reis na die platteland en die onaangenaamheid van ’n siekewaak, maar hy het die geld nodig en daarom gaan hy. Wanneer hy op die landgoed aankom, is sy oom egter reeds dood, en soos verwag, erf hy al sy oom se bates.

Omdat sy lewe in St Petersburg nie veel van ’n trekpleister is nie, besluit hy om voorlopig aan te bly in die herehuis op die landgoed. Hy raak bevriend met Vladimir Lensky (Jude Law), ’n aangename jong man met ’n aanvoeling vir die kunste en die ambisie om sy digbundel gepubliseer te kry sodat hy en sy geliefde Olga kan deel word van die glanslewe van St Petersburg. Teenoor die siniese, ontnugterde Onegin is Vladimir hopeloos naïef en onskuldig, en die aanvanklike vriendskap eindig in ’n tragedie wanneer Vladimir se eer gekrenk word deur een van Onegin se opmerkings oor Olga.

Intussen ontmoet Onegin ook vir Tatiana (Liv Tyler), Olga se pragtige jonger suster, en sy raak halsoorkop verlief op hom. Haar lewensinstelling van goedheid, edelheid, getrouheid en geloof in die liefde bots egter reëlreg met syne, wat homself sien as verword en “aan die duiwel oorgegee”, en ook nie bereid om hervorm te word deur die hoëre aansprake van die liefde nie. Die afloop van die konfrontasie tussen hulle vorm ’n interessante parallel met Onegin se botsing met Vladimir.

Die tyd verspring na vyf jaar later en ’n baie veranderde, getemperde Onegin wat terugkeer na St Petersburg ná jare se rondswerf. By ’n bal sien hy weer vir Tatiana, nou ’n gesofistikeerde jong vrou en getroud met Onegin se neef, ’n welgestelde husaar. Dis onvermydelik dat Onegin en Tatiana weer teenoor mekaar te staan sal kom, maar hierdie keer is die bordjies, wat hulle gevoelens betref, verhang. En Onegin moet die bitter les leer dat mens die waarde van die liefde soms eers herken as dit te laat is.

Ralph Fiennes en Liv Tyler skitter in die hoofrolle met beheerste, onderbeklemtoonde spel. Fiennes is die fynproewer-fliekkyer se sekssimbool — onder sy kil uiterlike smeul die hartstog, en hy slaag daarin om met die fynste handbeweging en gesigspel al die nuanses van verveling, sinisme, verskeurdheid en smart uit te beeld (hou verby, Tom Cruise). Liv Tyler verstom weer eens met haar volwasse spel vir so ’n jong aktrise, en haar eksotiese gelaatstrekke maak haar perfek vir die rol van ’n Russiese skoonheid.

As jy ’n voorliefde het vir periodefilms wat meer bied as net mooi prentjies van ouwêreldse milieus, moet jy Onegin nie misloop nie.

  • Suzette Kotzé is ’n vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.