FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Y Tu Mama Tambien (And your mother too)

Suzette Kotzé

Spaans met Engelse byskrifte
Spelers: Maribel Verdu, Gael Garcia Bernal, Diego Luna, Emilio Echevarria, Diana Bracho
Regisseur: Alfonso Cuarón

Die Spaans-Amerikaanse films het lankal ’n besondere eie plek in die fliekwêreld ingeneem, en die sprankelende Y Tu Mama Tambien is geen uitsondering nie. En anders as die soms nogal selfbewuste gekultiveerdheid van die Europeërs of Hollywood se glansbeheptheid, wys dit die lewe soos hy is, vratte en al, maar terselfdertyd met ’n wonderlike magiese bewussyn.

Die verhaal word deur ’n onbetrokke manlike vertellerstem aangebied. Ons ontmoet twee jong vriende van Mexikostad, Tenoch (Diego Luna) en Julio (Gael Garcia Bernal), pas klaar met die jaareindeksamen. Hulle meisies is op pad Italië toe vir vakansie, en die twee hormoonbelaaide rammetjies bly dus alleen en verveeld agter, met net die gewone — dwelms, drank en masturbasie — om hulle besig gehou.

By die deftige troue van ’n familielid van Tenoch ontmoet hulle Luisa (Maribel Verdu), die Spaanse vrou van Tenoch se selfbelangrike neef. Luisa sê sy sal tog so graag die Mexikaanse kus wil sien, en ons vrinne maak sommer daar en dan ’n seevakansie op waarop hulle haar saamnooi, na ’n fiktiewe strand met die dubbelsinnige naam Heaven’s Mouth. Luisa lag dit eers af, maar toe haar man van sy sakereis bel met die nuus dat hy haar verneuk het en ’n tydskrifvraelys in die dokter se wagkamer aandui sy leef nie vry genoeg nie, besluit sy om weg te breek.

Die fiktiewe reis word werklikheid, en op pad leer die drie mekaar al beter én al intiemer ken. Aanvanklik is die uitbundige jongelinge nog vol bravado, maar die ouer vrou sit hulle uiteindelik ore aan en leer hulle in die proses ’n paar waardevolle lewenslesse. Verraad word verlies in ’n ineengevlegte belewing, en ten slotte, in eg-Mexikaanse tradisie met die hulp van ’n bottel tequila, verloor hulle ook finaal hul onskuld (die naam van die film is hier baie betekenisvol) en word hulle ingelyf in die ambivalente wêreld van volwassenheid. Sadder but wiser, soos daardie raak Engelse gesegde lui.

Die film laat ontvou stadig, amper onopsigtelik, die groot temas waarmee dit werk, waarvan verlies, op verskeie vlakke, die belangrikste is. En dis eintlik eers by terugskoue wat ’n mens — met bewondering — sien hoe fyn die simboliek uitgewerk is, hoe perfek die parallelle.

Die Mexikaanse landskap (ongeveer iets soos ’n voormalige tuisland in Suid-Afrika) dra wonderlik by tot die grinterige atmosfeer van die film, waar klein kamees van menslikheid juis uit die armoede en eenvoud kom. Hier is die konvensionele poskaartmooie nie ’n voorvereiste nie, maar bloedwarm léwe is — daardie iets wat Luisa so besonders versinnebeeld.

Die drie hoofspelers is perfek gekies vir hul rolle en komplementeer mekaar deurgaans met uitstekende spel. Dis ’n besonderse gesig soos Maribel Verdu s’n wat ’n mens laat besef dat Penélope Cruz-beeldskoon dalk meer hinder as wat dit help. Verdu speel met ’n oervroulike krag en magnetisme wat onvergeetlik is.

Sê saam met my: Viva die Spaans-Amerikaners! en gaan geniet hierdie fliek.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.