FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Mistress of Spices

Suzette Kotzé-Myburgh

Spelers: Aishwarya Rai, Dylan McDermott, Ayesha Dharker
Regisseur: Paul Mayeda Berges

In die wêreld van die fliekresensent kan ek al 'n reël hieroor formuleer: hoe groter die hype, hoe swakker die produk. As die verspreider nimmereindigend eposse stuur met sulke oulike snippets oor die komende lokettreffer … Ek noem dit sommer my bly-weg-reël.

So was dit dan ook met Mistress of Spices, waaroor ek regtig niks goeds kan sê nie (ek sou dálk kon oor die pragtige speserywinkel en die mooi fotografie, maar dis lankal nie meer genoeg nie). Ek het reeds met Memoirs of a Geisha gekla oor Engelse dialoog in vreemdetaalkontekste (in hierdie geval gewone, plattelandse Indiërs in Indië wat met mekaar Engels praat), dus sal ek nie weer nie. Behalwe om bly-weg-reël nommer 2 te formuleer: As dit aangebied word as 'n "kunsfliek", maar anderstaliges praat Engels en daar's nie onderskrifte nie …

Terwyl dit so goed gaan met die reëls, hier's nommer 3: As die "eksotiese" hoofkarakter só gekies word dat sy/haar voorkoms so na as moontlik aan die Westerse (lees: Amerikaanse) idee van skoonheid is … Ons dink aan Whale Rider se meisietjie-van-langsaan-gesiggie (tog net nie eg Maori nie, o nee); ons dink aan die werklik beeldskone Tilo, Mistress of Spices, met haar ligte vel en groen oë (tog net nie 'n swart Indiër nie – dit sal darem sterk uitstaan teen Dylan McDermott se gelaatskleur). Ek verlang
sommer weer na die wonderbaarlike Pauline Malefane in U-Carmen eKhayelitsha.

Nou moet die eksotiese hoofkarakter afgepaar word met die bekende grootnaam-akteur of -aktrise uit Hollywood, sodat die publiek darem ten minste een naam op die karakterlys kan herken (en uitspreek) en bereid sal wees om die fliek te gaan kyk. Dylan McDermott was nog nooit Oscar-materiaal nie, maar as die romantiese held in hierdie fliek is hy behoorlik lagwekkend. Nougetrekte oë en suggestiewe stiltes klassifiseer nié as geïnspireerde toneelspel nie, nog minder hoe macho jy daai bike rev.


Soos in soortgelyke flieks (dink byvoorbeeld Bend it like Beckham en My Big Fat Greek Wedding) is die doel dat die Westerse kyker "iets oor 'n ander kultuur leer". Maak dus die aanbod so melkkosveilig en verteerbaar as moontlik; van spicy is hier, helaas, geen sprake nie.

Polities korrek, soetsappig en vervelig. En die flieksale sal vol sit.

(O ja, ek kon nog aankarring oor die uiters onoortuigende verhaalopset en die manier waarop 'n intrige opgestel word waarmee die regisseur hom in 'n hoek vasverf en dan moet "die toorkrag van die speserye", 'n geurige deus ex machina, hom daaruit red, maar ag, why bother? Julle kry mos die boodskap. Lesers van hierdie rubriek, die fynproewer-fliekkenners, sê agter my aan: “Bly weg!”)




LitNet: 19 Julie 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.