FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Mädchen in Uniform / Maidens in uniform (1931)

Coenraad Walters

Met: Dorothea Wieck (Fräulein von Bernburg); Hertha Thiele (Manuela von Meinhardis); Emilia Unda (prinsipaal) Hedwig Schlichter (Fr. Von Kesten); Ellen Schwanneke (Ilse von Westhagen); Gertrud de Lalsky; Erika Mann (Fr. Von Attems)
Draaiboek: Friedrich Dammann
Regie: Leontine Sagan
Verdere vertoning tydens die fees: Woensdag 14/2 (20:00); Sondag 18/2 (20:00)

’n Klassieke meesteresstuk (’n vertaling van die Gay en Lesbiese Feesprogram se “mistresspiece”) — en wat ’n voorreg om so ’n ou rolprent onder normale bioskoopomstandighede te kan sien! Dit is juis hierdie soort terugbring van sulke klassieke stukke “queer” rolprentkuns waarvoor die Fees ’n pluimpie moet ontvang, veral gesien in die lig van die moeite wat hulle moes doen om dit in die hande te kry.

Die enigste beskikbare kopie op 16mm film was te vinde by die Britse Filminstituut, wat 200 pond per vertoning vra. Die “Duitsers” (ek weet nie spesifiek watter instansie nie) wou toe ook ’n fooi hef, aangesien hulle die regte op die prent het, hoewel hulle nie ’n kopie daarvan kon voorsien nie. Op die nipper verneem die Feesorganiseerders dat die 16mm kopie van swak kwaliteit is en nie goeie onderskrifte het nie, maar ’n videokopie van aanvaarbare kwaliteit is beskikbaar. Dit het herskedulering en ekstra onkoste vir die nodige projektors en dinge tot gevolg gehad.

Maar ten slotte kon ons darem hierdie fassinerende tagtigjarige prent onder oë kry.

Die verhaal speel af in ’n baie streng Duitse meisieskool. Die ou baasjuffrou stam van Pruisiese voorgeslagte af en is nie juis simpatiek met die meisies se ongelukkigheid oor haar streng reëls en die min en slegte kos nie. Een hoogtepunt vir ’n sekere groep meisies is die liefdevolle Fräulein von Bernburg, wat elke aand vir elkeen van die meisies in haar slaapsaal ’n nagsoen gee. Wanneer die nuweling Manuela von Meinhardis opdaag, is een van die eerste dinge omtrent die skool wat sy hoor, die feit dat baie van die meisies verlief is op Fräulein von Bernburg.

Manuela, wie se ma lank reeds oorlede is, vind in hierdie wonderlike onderwyseres ’n plaasvervanger, maar die emosie verdiep tot liefde. Dit blyk ook dat die juffrou se gevoel teenoor die meisie nie bloot deernis is nie. Hierdie verbintenis lei natuurlik tot die verbreking van reëls, die uitdaging van gesag, en ’n skandaal(tjie) wat byna ’n tragedie word. Die samehorigheid tussen die meisies voorkom egter dat enigiets ernstigs gebeur. Teen die slot loop die baasjuffrou alleen in die gang af nadat sy tot haar skok ’n paar belangrike nuwe insigte oor die lewe en haarself verwerf het — ’n toneel wat die opening eggo waartydens die hele skool en personeel saam in die gang af gemarsjeer het.

Dis én bemoedigend én terneerdrukkend om te sien dat daar reeds in 1931 sulke verhale van homofobie vertel is. ’n Mens moet in gedagte hou dat dié prent gemaak is in die tyd voor die Nazi’s aan bewind gekom het — hulle sou sekerlik nie so ’n stuk “entartete Kunst” (verworde kuns) toegelaat het nie! Verder interessant om te weet dat die regisseuse, Leontine Sagan, in Krugersdorp gebore is.

Kykers geïnteresseerd in rolprentgeskiedenis moet beslis nie die kans misloop om hierdie prent te sien nie.

  • Lesers wat meer wil weet omtrent die fees en ook oor hoe om dit te laat voortbestaan, kan gerus die organiseerders Out in Africa se webblad (www.oia.co.za) besoek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.