FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Amor de hombre / Love of a man (1997)

Coenraad Walters

Met: Loles Leon; Andrea Acchipinti; Pedro Mari Sanchez; Armando del Rio; Sergio Otegui; Roma Sanchez; Roberto Alvarez; Jesus Cabrero; Antonio Albert
Draaiboek en regie: Yolanda Garcia Serrano en Juan Luis Iborra
Verdere vertonings tydens die fees: Donderdag 15/2 (22:00); Sondag 18/2 (14:00)

’n Heerlike genietbare storie word in hierdie Spaanse fliek opgedis: Esperanza, ’n veertigjarige kleuteronderwyseres, en Ramon, ’n laatdertig prokureur, is onafskeidbare vriende, ten spyte van die feit (of moontlik te danke daaraan) dat albei die perfekte man soek. Aangesien Esperanza meer kontak met Ramon en sy vriende het as die soort mans wat sy eintlik soek, sukkel sy veel meer as hy om ’n lewensmaat te ontmoet, maar ten slotte is sy nie juis minder suksesvol as hy nie. Die invloed van ’n groep randkarakters op hierdie vriendskap word met ’n warm borreling uitgebeeld.

Die verhaal berus op ’n groot stereotipe: wanneer ’n gay man ’n vriendskap het met ’n vrou, sal dié vriendskap altyd ondergeskik wees aan los gelukkies. Dit maak ’n mens effens minder positief omtrent Ramon, en laat jou voel hy verdien sy lotgevalle. Maar ’n mens moet ook nie te ernstig raak oor die vonkelende komedie nie.

Amor de hombre word in die subtitels vertaal as “Manly love”, nie “Love of a man” soos in die Feesprogram nie — en eersgenoemde vertaling is ’n beter aanduiding van die prent se strekking. Dit staan in die sleurstroom van die baanbrekerswerk van Pedro Almodovar en is miskien nie so uitdagend soos dié befaamde Spaanse regisseur se werk nie, maar het tog hart, siel en verstand, wat sorg dat dit intelligente vermaak is. Dit is veel meer die moeite werd om te sien as die werklik oppervlakkige The broken hearts club, wat ook op die fees draai. (Die resensie daaroor is elders in dié ruimte.)

In hierdie geval veral beteken ’n kort resensie geensins dat daar min oor die fliek te sê is nie. Naas die Nederlandse Total loss is Amor de hombre die feesfliek wat ek die sterkste sou aanbeveel. Gaan geniet dit!

  • Lesers wat meer inligting omtrent die Suid-Afrikaanse Gay en Lesbiese Filmfees soek, veral oor hoe om te help om die Fees se voortbestaan te verseker, kan gerus die organiseerders Out in Africa se webblad (www.oia.co.za) besoek.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.