FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

La Pianiste

Milton Webber

Frans met Engelse onderskrifte
Spelers: Isabelle Huppert, Annie Girardot, Benoît Magimel en ander
Regisseur: Michael Haneke

As jy ooit gedink het jou klavierjuffrou is ’n kuise kloosterkoekie en dat binne haar slaapkamer daar nie veel meer as vaal prente van komponiste en bladmusiek rondlê nie, sal jy weer dink nadat jy hierdie rolprent gesien het. Maar wees gewaarsku, hierdie rolprent is geensins ligte vermaak nie.

Iemand het eendag gesê “abstinence breeds pestilence” en dit is ook presies wat hier gebeur. Gebaseer op die boek met dieselfde titel van Elfriede Jelinek word die verhaal vertel van Erica Kohut (Isabelle Huppert), ’n bekende musiekdosent in haar veertigs aan die konservatorium in Wenen. Sy woon saam met haar ma (Annie Gerardot) in ’n woonstel iewers in die stad. Uit die staanspoor blyk dit dat hierdie verhouding tussen hulle ongesond is. Wanneer Erica eendag laat by die huis kom en nie ’n bevredigende verduideliking kan gee oor waar sy was nie, word haar handsak uitgegooi en in haar persoonlike besittings gekrap. Dit lei tot ’n toneel van ernstige gesinsgeweld en daarna weer die vredesverdrag.

Erica is koud en harteloos en skroom nie om haar studente te beledig nie. Een van haar studente kry selfs ’n gebreekte glas in haar baadjiesak! Sy is seksueel gefrustreerd, ja, en dink niks daarvan om vrou-alleen na ’n sekswinkel te gaan en op eie houtjie na ’n pornografiese film te gaan kyk nie. Skokkende tonele beskryf hoe sy haarself sny om menstruasie te simuleer en hoe sy na ’n inryteater gaan op soek na viriele studente besig om die daad te verrig en tydens die oomblik van waarheid ’n plassie langs hul motor los.

Te midde van al hierdie perversie is daar ’n jong, opdringerige, effens arrogante jong man, Walter Klemmer (Benoît Magimel), wat ons onlangs in Le Roi danse as koning Lodewyk die XIV gesien het. Walter probeer alles in sy vermoë om Erica te beïndruk, maar hierdie ysgodin laat haar nie so maklik van stryk bring nie. Einde ten laaste gee sy haarself wel aan hom oor, maar met ’n baie lang lys voorbehoude. Sy gee aan hom ’n lang brief oor hoe sy wil hê hy moet al haar seksuele fantasieë uitleef. Sy stel dit aan Walter dat sy hom lief het en al baie lank vir hom wag, maar haar “liefde” vir Walter is niks anders as perversie nie en hy, wat glad nie hierop voorbereid was nie, is natuurlik ook nie daarvoor te vinde nie en beskou haar as “siek”. Die enigste keer wat dit lyk of Erica en Walter “normale” omgang kan hê, lyk dit meer na verkragting. ’n Mens kan ook sien hoe seergemaak Erica is na hierdie voorval. Net weer eens ’n bewys dat sy glad nie in staat is tot ’n normale verhouding nie. Maar wanneer jy by die teater uitstap, is jy nie seker of jy haar wil bykom en of jy haar moet jammer kry nie.

In retrospek is die verhaal nie so eenvoudig as wat dit op die oog af lyk nie. Die aanvanklike onderdrukking van Erica se ma blyk eerder ’n genotvolle sadomasochistiese verhouding te wees. Te midde van al die perversie kom daar baie weinig naaktheid voor. Die skokwaarde van die rolprent lê juis in wat jy nie sien nie, maar veronderstel.

Enigiemand wat van klaviermusiek en spesifiek Schubert hou, sal die klankbaan baie geniet. Ek is so bly om te sien dat die karakters vir ’n verandering soos werklike musici lyk en nie amateurs met spinnekopvingers wat maak of hulle ’n paar note druk nie.

Die rolprent bewys weer eens Haneke se skitterende vermoë as regisseur wat weet hoe om sy materiaal te benut. Op ’n meer sielkundige vlak is die rolprent pynlik skokkend en laat geen rolprentganger onaangeraak nie.

Gaan sien die rolprent en kyk met nuwe oë na jou koekerige klavierjuffrou!


Milton Webber is ’n vryskutvertaler, proefleser en taalversorger.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.