FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Italian for Beginners

Suzette Kotzé

Deens/Italiaans met Engelse onderskrifte
Spelers: Anders W. Berthelsen, Ann Eleonora Jorgensen, Anette Stovelbaek, Peter Gantzler, Lars Kaalund
Regisseur: Lone Sherfig

As ek vooraf geweet het hierdie is ’n Dogme-film, sou ek waarskynlik nie gretig gewees het om te gaan kyk nie. Want die ander Dogme-flieks wat ek gesien het, was — om dit sagkens te stel — swaarmoedig.

Thomas Vinterberg se The Celebration, ’n ontstellende verkenning van gesinsverhoudinge tydens die verjaardagviering van ’n ongenaakbare patriarg, was uitstekend — maar swaar. Laas jaar was daar Kristian Levring se The King is Alive, oor ’n klomp buitelandse toeriste wie se bus in ’n Afrika-woestyn onklaar raak, en hoe hul lewens tydens die wag op hulp uitrafel terwyl hulle repeteer om King Lear op te voer om die tyd om te kry. Die karakters wat nie in die loop van die fliek doodgaan nie, moet teen die einde die dood in die gesig staar.

Toe is Italian for Beginners, die vyfde fliek wat Dogme-sertifisering ontvang het, die wonderlikste verrassing. Met ’n eenvoud en eerlikheid wat jou heeltemal oorrompel. Ja, dis steeds Dogme, met die effens rukkerige kamerabeelde (volgens die manifes moet dit handkamerawerk wees en mag die regisseur nie gebruik maak van tegniese manipulasie nie) en greinerige effek, maar dis ’n storie met ’n gelukkige einde en daar’s humor in!

Die verhaal speel af tydens ’n winter in ’n beskeie woonbuurt in Kopenhagen, waar Andreas (Anders W. Berthelsen), ’n jong predikant, aankom om ’n tydelike aflospos te vul. Hy kry verblyf by ’n hotelkompleks, waar hy die gekwelde Jorgen (Peter Gantzler) ontmoet. Dié moet sy beste vriend, Halvinn (Lars Kaalund), vir wie hy ’n werk gereël het by die restaurant, afdank omdat Halvinn onbeskof is met die klante (en glo my, dis die soort onbeskoftheid wat jy laas in High Fidelity gesien het by Jack Black, die jong verkoopsmannetjie in die platewinkel!) Andreas, wat bitter eensaam is na sy vrou se onlangse dood, begin om saam met hulle Italiaans-klasse by te woon.

Andreas ontmoet ook vir Karen (Ann Eleonora Jorgensen) wat by die haarsalon werk, en Olympia (Anette Stovelbaek), ’n gemeentelid wie se pa se begrafnis hy moet waarneem. Beide van hulle woon ook die Italiaans-klasse by, en mettertyd word dié groepie karakters se lewens meer en meer vervleg.

Hierdie fliek, regisseur Lone Sherfig se derde vollengte-film en wenner van beide ’n Fipresci-toekenning en ’n Silwer Beer vir beste regie, is ’n perfekte voorbeeld van hoe ekonomies ’n vertelling kan wees met goeie dialoog. In die loop van die verhaal leer jy sewe, agt karakters ken wie se verlede met enkele sinne ingevul word, sodat jy insig kry in hul hede asook die motiverings vir hul keuses. Verder word die goeie draaiboek deurgaans ondersteun deur uitstekende toneelspel.

Dis ’n uitbeelding van eensame mense wat elkeen worstel met hul eie probleme en gebreke en die isolasie wat so kenmerkend is van mense in ’n moderne Westerse stedelike bestaan. Maar uiteindelik seëvier menslikheid en die warmte van menseverhoudinge — met ’n goeie skeut Italiaanse passie en temperament daarby. En dis onbeskaamd romanties, met nie net een paartjie wat liefde vind nie, maar drie!

Die fliek het my afwisselend laat lag en huil, en by terugskoue was die humor (nogal swart en erg droog) die grootste verrassing. Kyk, ek het al ’n hele klompie uitstaande Skandinawiese films gesien, maar nog min een wat my laat lag het. As jy moeg is vir blink verpakte vakansieflieks of epiese aksietonele, is Italian for Beginners net die ding om ’n goeie fliekjaar mee te begin.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.