FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

High heels and low lives

Suzette Kotzé

Spelers: Minnie Driver, Mary McCormack, Kevin McNally, Mark Williams, Danny Dyer, Michael Gambon
Regisseur: Mel Smith
Vertoontyd: Vanaf 5 April

Vir liefhebbers van aksiekomedies en rampokkerflieks is hier ’n slag iets nuuts: die hand wat die pistool vashou, is fyn gemanikuur, die vingernaels gelak en die greep is nogal onbeholpe. Ja, dis Thelma & Louise tussen die boewe, maar gelukkig eindig dit darem nie met ’n vallende motor in die woestyn nie — wel met ’n blinknuwe sportmotor wat met raai wie se geld gekoop is!
       Shannon (Minnie Driver) is ’n hardwerkende verpleegster in ’n groot ongevalle-hospitaal in Londen. Toe sy op haar verjaardag die aand by die huis kom en hoop haar kêrel sal darem die geleentheid saam met haar gaan vier, sit dié jansalie soos gewoonlik voor sy klankapparaat en rekenaarmengbord vasgenael. Hy is ’n alternatiewe kuuunstenaar, hy skep ’n stedelike simfonie deur op die frekwensies van radio- en telefoongesprekke in te skakel en opnames daarvan te maak. In hulle rusie gryp hy tipies sy jas en Shannon moet maar haar beste vriendin, Frances (Mary McCormack), gaan naderhark vir ’n doppie. Dié probeer ’n lewe maak as aktrise in tweederangse teaterstukke en stemkunstenaar vir reklameflitse.
       Ag nou ja, twee terneergedrukte meisies … die bottel vertroos en laatnag op pad terug na Shannon se woonstel kruis hulle beskonke pad letterlik met dié van ’n klomp boewe wat daar naby besig is met ’n bankroof. In die woonstel, waar die kunstenaar se klanktoerusting nog steeds ingeskakel is op ’n spesifieke radiofrekwensie, hoor hulle ’n gesprek van een van die bankrowers, en net daarna klink polisiesirenes in die straat op wat die gesprek bevestig. Frances wil summier polisie toe met die inligting sodat hulle ’n beloning kan eis, maar die polisieman het sy hande vol met ’n dwelmklopjag en het boonop nie tyd vir haar dronkpraatjies nie.
       Die volgende dag, met ’n babelas en terug in haar sleurbestaan, begin daar ’n plannetjie in Frances se blonde kop broei: hulle kan mos die rowers afpers en lekker iewers gaan aftree. Die konsensieuse Shannon is moeilik te oorreed, maar Frances se voorstel dat hulle met die geld nuwe toerusting vir die trauma-eenheid kan koop, raak al aanlokliker.
       Die meisies maak vinnig kennis met die werkswyse van regte boewe in die regte boewewêreld — kompleet met die grootbaas wat met ’n glas sjampanje in ’n borrelbad sit en bevele en dreigemente uitsis. Die twee groentjies leer vinnig, hulle prys gaan op, die boewe begin bewe … en die polisie is op die spoor van ’n blondine en brunet wat al ’n paar keer by misdaadtonele opgemerk is.
       Hoe hulle uiteindelik seëvier, in snyerspakkies en hoë hakke en al, is ’n heerlike, holderstebolder komedie wat hard en duidelik sê: Girl power! Geen mans wat hulle uithelp of red nie, geen falliese wapens waarin hul krag lê nie. Net onverdunde pret en ’n slag iets anders in ’n holruggeryde genre.
       As jy iets ligs en lekkers soek, hier’s jou fliek!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.