FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Great Dance

Suzette Kotzé

Spelers: !Nqate Xqamxebe, Karoha “Pro” Langwane en Xlhoase Xlhokhne
Regisseurs: Craig en Damon Foster
Draaiboek: Jeremy Evans, gebaseer op gesprekke met !Nqate Xqamxebe
Vertoontyd: Vanaf 1 Desember 2000 in die Cinema Nouveau V&A Waterfront (Kaapstad) en 19 Januarie 2001 in Cinema Nouveau Brooklyn Mall, Pretoria.

The great danceHierdie Suid-Afrikaanse film oor ’n groep San-Boesmans van die Kalahari kan sy plek onder die beste dokumentêre films internasionaal inneem. Maar maak jou reg vir ’n vreemde kykervaring. Die film, waarvoor spesiaal aangepaste minikamera-tegnologie gebruik is, druk jou gesig teenaan ’n lewenswyse uit die Steentydperk op ’n manier wat nogal ongemaklik is.

Die fokus val op drie mans (Xqamxebe, Langwane en Xlhokhne) wat saam jag. Dit berus by hulle om vleis te voorsien aan hulle familiegroep, wat origens afhanklik is van die veldkos wat die vroue bymekaarmaak. Maar die jagvelde is uitgedun, en as die reën langer as ’n jaar wegbly, raak ’n armoedige bestaan wat alreeds moeilik is naby aan desperaat.

Om te jag, is vir hierdie mans hul werk, hul trots, die rede vir hul bestaan — dis hoe hulle hulself definieer, op dieselfde manier as wat ’n hoogs suksesvolle sakeman wat toegewy is aan sy maatskappy dit sou doen.

Dis hoe Xqamxebe dit beskryf:

    When you track an animal, you must become the animal. Tracking is like dancing, because your body is happy, you can feel it in the dance and then you know that the hunting will be good. When you are doing these things, you are talking to God.

Die film bou op tot die klimaks van die “running hunt”, wat gebruik word vir grootwild (in hierdie geval koedoe). Een van die jagters (hy is die enigste van die drie wat dit kan doen — in ons terme sou hy seker ’n kampioen-marathonatleet gewees het) hardloop letterlik vir vier ure of meer in moordende hitte sonder om te stop totdat een van die bokke uitsak en “dood op sy voete” is sodat die jagter van ’n paar armlengtes ver hom met sy spiese doodgooi. Om dit te sien, en die jagter se vertelling van hoe hy self die dier word en beheer oorneem oor sy gedagtes, is werklik aangrypend en raak aan die mistieke.

Dit strek die Foster-broers, wat drie jaar aan die film gewerk het, tot eer dat hulle die San-lewenswyse nie verheerlik of versuiker nie. Inteendeel, waar mens in die gekussingde gemak van ’n lugverkoelde teater sit en kyk, ondervind jy ’n soort walgende fassinasie om die mens so geïntegreer met die dierlike in sy wese te sien — die manier hoe rou bloed gedrink en verrotte vleis geëet word, die genadelose stryd tussen jagter en gejagte, die realiteit van rou vleis, hare en pensmis wat ver verwyder is van die higiëniese supermarkkos waaraan jy gewoond is.

Ook die manier waarop die spirituele vir die San geïntegreer is met elke aspek van hul daaglikse lewe is baie treffend, soos die ritueel van die beswymingsdans en die manier waarop die suksesvolle verloop van die jag aan God toegeskryf word en Hy ook daarvoor vereer word.

Dit is egter ook die verhaal van hoe ekonomiese, tegnologiese en sosiale verandering ’n kultuur en lewenswyse wat oor die 30 000 jaar oud is, laat versplinter. Die jong mense kan nie meer die veld “lees” nie en steek kortpad deur met honde of gewere te jag; plase se grensdrade en reservaatgrense ontneem die jagters van prooi wat hulle al ’n dag lank volg; wanneer die suksesvolle jag gevier word, doen die jonges dit op maat van musiek uit ’n kassetspeler.

Kort na die film voltooi is, het die plaaslike regerings van die !Xo en !Xwikwe die toekenning van individuele jaglisensies aan jagters soos Xqamxebe-hulle ook finaal gestaak, wat die historiese waarde van die film as ’n stuk bewaringswerk soveel groter maak.

Die kamerawerk van The Great Dance is besonder treffend en skep ’n amper surrealistiese atmosfeer wat uitstekend pas by die inhoud. Ten laaste verdien Sello Maake ka-Ncube (van Generations-faam) ’n pluimpie vir sy knap werk as verteller.

  • Suzette Kotzé
    Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.