FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

House of flying daggers

Suzette Kotzé-Myburgh

Spelers: Zhang Ziyi, Kaneshiro Takeshi, Lau Andy, Song Dandan
Regisseur: Zhang Yimou
Vertoontyd: Vanaf 21 Oktober 2005

Hierdie was nou 'n fliek waarna ek met gróót verwagting uitgesien het. Dis immers dieselfde regisseur wat Hero gemaak het - sedert die begin van die jaar steeds my gunstelingfliek vir 2005.

Helaas, die lewe is 'n teleurstelling, het een of ander wyse gesug. House of flying daggers is selfs erger.

Dieselfde elemente wat Hero so besonders maak, is wel aanwesig: intrige binne intrige, verbluffende gevegskuns, ongelooflik mooi landskappe, pragtige kostuums en stelle, foutlose kamerawerk. Maar nogeens, soos gewoonlik met boeke ook die geval is: as die storie nie enduit werk nie, wérk dit nie.

Hierdie storie begin heel belowend: 'n kaptein in die weermag (Kaneshiro Takeshi) besoek 'n bordeel waar 'n jong danseres (Zhang Ziyi) hom só bekoor dat hy 'n bietjie handgemeen raak. Op die ou end word sý deur die lede van die wag in hegtenis geneem op aanklag van uitlokking, die madame se verweer dat sy blind en onervare is ten spyt. Die kaptein van die wag (Lau Andy) en sy belustige vriend konkel: sy is mos die blinde dogter van die leier van die berugte House of Flying Daggers-krygsgroep wat drie jaar gelede deur die regeringsmagte oorrompel is. Met die moord op haar pa het sy gevlug, maar die regeringsmagte kon dit steeds nie regkry om die Flying Daggers, wat intussen 'n nuwe leier gekry het maar steeds in groot geheimhouding leef, uit te wis nie. Sý is die een wat hulle na die Flying Daggers kan lei en hulle 'n vet beloning in die sak kan bring! Die belustige vriend is selfversekerd oor sy slag met vroue en aanvaar die opdrag om haar vertroue te wen. Hy "bevry" haar uit die tronk en hulle vat die pad, met die regeringstroepe op hul hakke om alles oortuigend te laat lyk.

En so gaan dit voort met vele gevegte en jaagtogte. Tot die subplot oorneem: die groot liefdesverhaal, wat later ontwikkel in die groot liefdesdriehoek. En dis net hier waar die vlieënde dolk sy teiken mis. Die fliek eindig in 'n goedkoop melodrama (natuurlik 'n epiese bakleitoneel tussen die twee verliefde mededingers) wat ten slotte behoorlik lagwekkend is. En dit het seker die mees onbeholpe liefdestonele wat ek nóg in 'n fliek gesien het - toegegee, die minnaars moet deur hope los klere en behangsels worstel voor hulle iewers kan kom.

As 'n fliek (of 'n boek) swak begin, kan jy dit kans gee om beter te word of uitloop (die boek neersit). As dit egter vol belofte begin en dan al swakker raak, bly sit jy tot by die bittere einde: teleurstelling. Ai.



LitNet: 24 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.