FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Uit die foyer van Cinema Nouveau: Ons pienkgefliekte FliekVlooi lewer lopende kommentaar op die J&B gay en lesbiese filmfees.

Alles wird gut / Alles sal regkom (1998)

Coenraad Walters

Met: Kati Stüdemann, Chantal de Freitas, Aglaia Szyszkowitz, Uwe Rohde
Draaiboek: Fatima El-Tayeb en Angelina Maccarone
Regie: Angelina Maccarone

Angelina Maccarone en Fatima El-Tayeb is spesiale gaste van die Gay en Lesbiese Filmfees; daarom het ek dié prent gekies. (Ek wag graag kommentaar in van mense wat die ander feesgas, Bruce LaBruce, se prente gesien het ...) Die vrou langs my het opgemerk dat daar besonder min is vir vroue op die fees. Of dit ’n geval is van beskikbaarheid of van seleksie, weet ek nie; tog kan die vroue nie kla oor die kwaliteit van die prente wat vir hulle aangebied word nie.

Alles wird gut is gemaak met geld van ’n Duitse televisiestasie. Die titel is blykbaar ’n Duitse vertaling van die Swahili-frase wat almal sedert The lion king ken: Hakuna matata!

Nabou, ’n Duitser met Afrika-wortels, word deur Katja uit die woonstel gegooi. In ’n poging om haar terug te wen, begin Nabou as huisvrou werk vir Kim, nog ’n Duitse Afrikaan, wat in die woonstel onder Katja woon. Kim is ’n talentvolle advertensieskepper. Haar baas, Dieter, is opsigtelik besig om haar te begunstig en wil graag met haar trou.

Die verhouding tussen Nabou en Kim is aanvanklik stram, maar ontwikkel weens ’n misverstand in ’n vriendskap wat later daartoe lei dat Kim haar seksualiteit en haar verhouding met Dieter bevraagteken.

Te midde van die rassistiese Duitsers speel hierdie komedie af, met die vereiste jaagtog aan die slot, en een van die vreemdste plekke vir die finale soen wat ek nog gesien het!

Een van die feesorganiseerders het gesê dat Kondom des Grauens / Killer condom (wat ek later in die week sal gaan sien) bewys dat die Duitsers wel ’n humorsin het. Ek glo dit reeds weens die prettige Der bewegte Mann / Die begeerde man van ’n paar jaar gelede, en Alles wird gut bevestig dit. Dit is ’n goedgemaakte prent met ’n onderhoudende verhaal wat draai om interessante karakters en is beslis die moeite werd.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.