FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Amic / Amat — Amigo / Amado — Beloved / Friend (1999)

Coenraad Walters

Met: José Maria Pou, Rosa Maria Sardá, Mario Gas, David Selvas, Irene Montalá
Draaiboek: Josep Maria Benet i Jornet
Regie: Ventura Pons

Barcelona, die belangrikste stad in die streek Katalonië in Spanje, is die agtergrond van hierdie prent. Hoewel die titel in die Internet Movie Database in Spaans gegee word, is die titel in die prent self in Katalaans, ’n taal wat weer met trots gepraat word in daardie geweste. Ek moes my natuurlik verlaat op die Engelse onderskrifte (beter versorg as in ander feesflieks) en kan nie werklik tussen die twee tale onderskei nie!

Die taalverwarring is sekerlik ook nie bepalend vir die redelik eenvoudige verhaal nie. Die verhaal kom klein voor, omdat dit intens fokus op die interaksie tussen vyf karakters.

Aan die begin word die uitslae van twee mediese toetse bekend gemaak wat die gang van die verhaal bepaal: Jaume (Pou), ’n universiteitsprofessor in Middeleeuse letterkunde en nie ver van aftree nie, hoor dat sy VIGS ver ontwikkel het en dat hy moontlik nie meer lank het om te leef nie; en Alba (Montalá) vertel aan David (Selvas) dat sy swanger is.

Alba deel haar ouers (Sardá en Gas) mee van haar situasie. Haar pa, ’n kollega van Jaume, ken David en haat hom. Hy is baie ontsteld. Haar ma gaan saam met haar en hulle gesels die hele dag lank oor die baba, die wenslikheid van aborsie en ook oor die ma se jeug. Wanneer hulle op die dak van Alba se woonstelblok staan en gesels, kan hulle byna aan die reuse, rotsagtige katedraal raak: een van die mooiste visuele beelde van die prent.

Intussen begin Jaume laaste dinge doen. Hy besoek Alba se pa, ’n vriend sedert sy studentedae, en bieg teenoor hom dat hy nog altyd verlief was op hom en nog nooit iemand meer liefgehad het nie. Tog is hy bly dat hulle eerder vriende was. Tuis bel hy ’n huurlyf, maar daar wag ’n groot verrassing as hy die deur oopmaak: David staan daar. Hoewel hy grotendeels van vroue hou (en immers Alba swanger gemaak het!), befonds hy ’n gerieflike studentelewe as ’n hoogs professionele huurlyf.

Jaume is egter lankal verlief op David en dink hy is intellektueel begaaf. Wanneer hy ’n ooreenkoms met David probeer bereik om hom sorgvry verder te laat studeer én die baba in die wêreld te laat kom, voel David egter so bedreig, ook deur die toekomsbeelde wat Jaume vir hom oproep, dat hy gewelddadig reageer.

Die versteurde verhoudings tussen die karakters lei dan tot verskillende gevolge totdat ’n nuwe balans gevind word en die prent kan eindig. Hoewel die karakters betreklik gewone mense is en nie een in sigself besonder interessant is nie, boei die verhaal tog en raak die kyker betrokke by die karakters. Of ’n mens altyd met hulle gevolgtrekkings en besluite saamstem, is nie werklik belangrik nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.