FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Red Dragon

Coenraad Walters

Met: Anthony Hopkins; Edward Norton; Ralph Fiennes; Harvey Keitel; Emily Watson; Philip Seymour Hoffman; Anthony Heald en Frankie Faison.
Draaiboek: Tim Tally.
Regie: Brett Ratner.

Met The silence of the lambs (1991) het regisseur Jonathan Demme die roman van Thomas Harris omskep in ’n visuele uitbeelding van boosheid wat suggereerbare mense soos ek na ’n paar keer se sien steeds in ’n toestand van latente histerie laat verval. Op die sukses hiervan, en veral die fassinerende vertolking van Anthony Hopkins as Hannibal Lecter, is Hannibal (2001) en nou ook Red Dragon gebaseer.

Hollywood hou nie alleen van vervolgprente (sequels) nie; as daar vroeër in ’n storie te krap is, dan word dit verfilm. Die grootste “voorvolg”-projek (prequel) is sekerlik George Lucas se eerste drie episodes van die Star wars-sage (en let asseblief op die semantiese waarde van ’n enkele s in die verskil tussen grootste en grootsste). Butch and Sundance: the early years (1979) kom ook in die gedagtes op.

Maar die situasie hier is effens meer kompleks. Red Dragon was nou wel die eerste Harris-roman waarin Hannibal Lecter sy besondere soort kookkuns bedryf het, en, ten spyte van die reklameveldtog, was dit ook die eerste een wat verfilm is — as Manhunter (1986). Maar kyk, as die volk Anthony Hopkins weer wil sien as die enigmatiese Lecter, is daar geld te maak uit ’n prequel wat eintlik maar ’n requel is. Wat is Engels tog ’n kreatiewe taal.

Ek het Red Dragon twee maal binne ’n week gesien. Die eerste aand was ek maar lekker bang, en het teruggedink aan die verskrikking van Silence. Red Dragon is in dié opsig veel nader aan die oorspronklike Hopkins-uitbeelding as die griller Hannibal, en dis veral in die aard van Harris se verhale waar die verskille gesetel is. Maar met die tweede sien het ek besef regisseur Ratner het hard probeer, maar hy kon nie sy voorganger Demme se suggesties van boosheid handhaaf nie. En dit ten spyte van ’n knap draaiboek en skitterspel deur al die betrokkenes. Is ons dalk reeds immuun teen die verskrikking wat Hannibal verteenwoordig?

Die draaiboek volg die roman baie getrou. FBI-agent Will Graham (Norton) wat Hannibal gevang het, word uit sy uittreehemel in Florida gehaal om te kom handjie bysit om die Tooth Fairy te vang. Dié reeksmoordenaar het nou al met volmaan twee gesinne in hul huise vermoor. Hy is metodies en deeglik voorbereid, en moet gekeer word van verdere herhalings. Wanneer selfs Graham se talent versand, word aan hom voorgestel dat hy Lecter se opinie moet inwin om ’n profiel van die moordenaar op te stel. Die verhaal maak wye draaie en swaaie en verras die leser/kyker keer op keer.

Meer as in Silence leer ’n mens vroeg al die moordenaar ken, in die prent sowel as die roman. Francis Dolarhyde (Ralph Fiennes) se karakter laat ’n mens ernstig wonder oor die grens tussen normaliteit en waansin. Sekere aksies kom baie intelligent uitgewerk voor vir iemand wat stemme hoor en mense moet offer aan ’n soort hoër mag. Hoewel baie kommentators voel dat Fiennes nie oortuig nie, lewer hy vir my gevoel ’n ontstellende kombinasie van onskuld en waansin wat die krag van die uitbeelding versterk.

Skitterende akteurs in kleiner maar belangrike rolle sluit in Emily Watson as Dolarhyde se blinde kollega en Philip Seymour Hoffman as ’n poniekoerant se nuushond wat tot ’n skouspelagtige einde kom.

Moenie die kwaliteit van Silence verwag nie, maar gaan kyk gerus na Red Dragon as dit u soort storie is. Dis knap verfilm en boei met die eerste sien. Hopkins se bose teenwoordigheid sluit die trilogie Lecter-films netjies af. Hopelik word hierdie koei nie verder gemelk nie, nie deur Harris nie en ook nie deur Hollywood nie. Verdere besendings van dié melk sal suur wees of — erger nog — flou.

(Voetnoot: ’n Teken dat jy in Hollywood gearriveer het, is as jou assistent(e) tydens die slottitels genoem word. Tussen al die groot name word slegs een se assistent hier genoem: Edward Norton s’n. Laat ’n mens dink!)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.