FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Chocolat

Suzette Kotzé

Spelers: Juliette Binoche, Johnny Depp, Judi Dench, Lena Olin, Alfred Molina
Regisseur: Lasse Hallström

Lasse Hallström, wat laas jaar verantwoordelik was vir The Cider House Rules en vroeër onder meer vir What’s Eating Gilbert Grape?, het al vir hom ’n reputasie opgebou as ’n regisseur wat sorg vir goeie, toeganklike films met genoeg diepte om die kykervaring meer as net vergeetlik te maak, sonder om swáár te wees. Chocolat is weer so ’n film.

Dis 1960 en op ’n klein dorpie in die Franse platteland koester die gemeenskap hul tranquilité, ’n geborge en gevestigde (én konserwatiewe) manier van doen wat grootliks bepaal word deur die burgemeester (Alfred Molina). Hy regeer die dorpenaars met ’n ysterhand en spesifiek met behulp van die kerk, waar hy selfs die nuwe jong priester se preke vir hom (her)skryf. Natuurlik is daar heelparty geraamtes in die dorpenaars se kaste, soos die verwydering tussen die iesegrimmige ou dame Amande Voisin (Judi Dench) en haar mooi dogter, wat ook die burgemeester se sekretaresse is; die kafee-eienaar wat sy vrou, Josephine (Lena Olin), slaan; die feit dat die burgemeester se eie vrou darem nou al lank in Italië op vakansie is … Maar as almal Sondae vroom en voorbeeldig op hul vasgestelde plekke in die kerk sit, sou jy dit nóóit sê nie.

Tot die pragtige Vianne Rocher (Juliette Binoche) en haar opgeskote dogter een gure wintersdag letterlik op die dorp aangewaai kom. Vianne — mademoiselle, verklaar sy luiters aan die burgemeester; was nooit getroud nie — huur die verwaarloosde patisserie by madame Voisin en kort voor lank maak sy ’n sjokoladewinkel oop. Die burgemeester is pers van verontwaardiging — dis in die middel van “Lent” (die Rooms-Katolieke vastyd van ses weke wat Paasfees voorafgaan) en totaal onbehoorlik! Toe Vianne se besigheid begin groei en al meer dorpenaars bekoor word deur haar heerlike sjokolade en warm geaardheid, verklaar die burgemeester openlik oorlog — hy sal nie duld dat ’n skarlakenvrou die gevestigde orde in sy dorp kom omkrap en die dorpenaars se sedes bederf nie.

Dat Vianne intussen bondgenote gekry het in madame Voisin en die onderdrukte Josephine is net olie op die vuur. Maar dis die laaste strooi toe daar ’n klomp sigeuners op die dorp aankom en Vianne die handelsboikot teen hulle openlik verontagsaam. Dit raak ’n stryd tussen die Evangelie van Moraliteit en die Evangelie van Sjokolade, en dis ’n verrassing om te sien wie uiteindelik wen, en op watter manier. Genoeg om te sê dat die oorwinning soet is!

Chocolat pak die tema van vooroordeel ligweg aan, maar op so ’n manier dat mens weer eens besef hoe ’n universele tema dit is, en in 2001 nog glad nie uitgedien nie. Toe het die stryd dalk meer oor kleinlike fatsoenlikheid en benepe moraliteit gegaan, terwyl dit vandag oor rassisme, geslagsgelykheid en die aanvaarding van homoseksuele is, maar die beginsels is basies dieselfde, en die pleidooi vir ’n grootheid van gees en die aanvaarding van hulle wat anders is, is nog net so nodig. As die “les” wat geleer moet word so mooi verpak is soos hierdie bekoorlike film, enige tyd!

Juliette Binoche steel weer eens die kalklig met haar skoonheid en natuurlike toneelspel as die individualistiese vry gees wat self ook vrede moet maak met haar verlede (’n tema wat uiters knap in haar dogter se ervaring herhaal word); Alfred Molina is nommerpas as die aantreklike burgemeester wat tog o so bekrompe is; Judi Dench is wonderlik as die knorrige ou tante wat darem nog ’n stout vonkel in die oog het (’n waardige Oscar-benoeming vir haar as beste vroulike byspeler); Lena Olin lewer ’n oortuigende vertolking as die vrou wat haarself bevry van minderwaardigheid; en Johnny Depp as die sigeuner-minnaar Roux … gee die sjokolade-lyfverf aan, asseblief.

Hoog aan te beveel vir romantiese siele, selfs al het jy nie eens veel van ’n soettand nie!

  • Suzette Kotzé
    Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.