FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Chicken run (2000)

Coenraad Walters

Met die stemme van: Katja Schuurman, Lynn Ferguson, Mel Gibson, Miranda Richardson, Jane Horrocks, Timothy Spall, Imelda Staunton
Draaiboek en regie: Peter Lord en Nick Park

Hoekom het die hoender oor die pad geloop?

Die antwoord hang natuurlik af van wie jy vra, en hierdie is seker een van die bloedweinig hoendergrappies wat nie in Chicken run gebruik word nie. Die situasie leen hom net eenvoudig tot die heerlikste woordspelings en verwysings — die kyker moet wakker slaap vir dié een!

’n Groep lêhenne op ’n hoenderplaas onder aanvoering van die dappere Ginger (Schuurman) besluit dat die strafkampbewind van Mrs Tweedie (Richardson) eens te erg is en wend poging na poging aan om te ontsnap. Wanneer Rocky die Rhode Island Red (Gibson) uit sy sirkus ontsnap en op die plaas beland, dink hulle dat hulle nou maklik sal kan wegkom, want Rocky kan dan “vlieg” (oeps, julle het nie die aanhaaltekens gesien nie!). Ten slotte slaag hulle in hulle doel (dis seker nie ’n vreeslike groot geheim wat ek nou verklap nie!), en wees gewaarsku: die A-Team sou nooit met so ’n bouerasie kon slaag nie, selfs al het McGyver hulle gehelp.

Op ’n sekere vlak is die verhaal oorbekend en swaar aan simboliek. Natuurlik het ons hier te doen met ’n klomp verdruktes wat nog nie gebreek is nie en met deurdrukvermoë oor die bose seëvier. Natuurlik slaag ons helde (haai, die hoofheld hier is dan vroulik!) in hul doel teen alle verwagtinge in. Maar hoekom dan nou ernstig raak oor so ’n stuk pret?!?

Kykers wat vasgenael gesit het voor die kassie om Wallace en Gromit se avonture te volg, sal weet tot watter tegniese briljansie die span onder leiding van Lord en Park in staat is. Chicken run is reeds genomineer vir ’n Golden Globe as beste komedie of musiekspel, en ten spyte van die afwesigheid van vlees-en-bloed mense is die nominasie welverdiend. Die klei-animasie is uitstekend: ongelooflik hoeveel emosie in die kleigesiggies gesuggereer kan word! ’n Mens raak lief vir die karakters: die breiende Babs (Horrocks, Frasier se Daphne), die ou haan Fowler (Benjamin Whitrow) wat teer op stories oor sy dae in die Royal Air Force en wat so wreed ontmasker word, om tog ten slotte sy Britse ruggraat te toon.

En die sprankelende draaiboek verdien ook ’n groot klop op die skouer. Blitsige woordspelings en subtiliteite wat ’n mens met die eerste oogopslag mis: dankie tog vir die trivia op die Internet Movie Database (www.imdb.com)! So kom Rocky aange”vlieg” met die kreet “Freedom!” — ’n verwysing na Rocky se stem, Mel Gibson, se prent Braveheart. En die hoender vergader in henhuis 17, wat verwys na Stalag 17, ’n beroemde fliek oor ’n ontsnapping (sê die IMDb; op Coenie de Villiers se cd Hartland is daar ook ’n liedjie wat na hierdie tronk verwys).

Maar hier raak ons nou al weer diep en ernstig. Natuurlik kan ’n mens: oral is daar nog mense — of moet ons eerder sê: aardse wesens — wat aan ’n distopie wil ontkom om ’n eie paradys te kan skep. Maar Chicken run wil sekerlik in eerste en laaste instansie op intelligente wyse vermaak.

Dus: neem jou “inner child” — en ’n klomp maatjies — fliek toe. Koop vir almal springmielies, lag jou ’n ertjie, sorg dat g’n hoenderbek jou oppik nie (onthou: niks is so gevaarlik soos pluimvee met ’n plan nie!), en probeer die eeue-oue vraag oplos: Wat was eerste, die hoender, of die eier?

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.