FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Harry Potter and the chamber of secrets

Suzette Kotzé

Spelers: Daniel Radcliffe, Emma Watson, Rupert Grint, Richard Harris, Maggie Smith, Robbie Coltrane, Alan Rickman, Jason Isaacs, Tom Felton, Kenneth Branagh
Regisseur: Chris Columbus


Laat ek sommer met die koperbeslaande voordeur in die Hogwarts-kasteel val: ek is teleurgesteld. Ek is mal oor die boeke en ek het gehou van die eerste fliek. Met die tweede fliek het ek noodwendig beter verwag — dieselfde verwagting wat die leser aan die boeke stel, en wat J. K. Rowling met vier in ’n ry nooit teleurgestel het nie. Toe kom reklame se basuingeskal ook nog: oral in die wêreld spat loketrekords binne die eerste week van vrystelling, Roger Ebert sê dis “bigger & better” …

Helaas. Wat my betref, kon Columbus nie die spannende speurverhaal wat die boek bied net so suksesvol in fliekterme laat ontvou nie. Laat ek my besware lys:

Die stadige opbou van leidrade ontbreek, die hegte verband tussen die episodes waar Harry “die stem” hoor, wat dan elke keer gevolg word deur ’n ongeval in die kasteel, tot die einde wanneer al die legkaartstukke pas.

Die rol van Tom Riddle en sy dagboek — in die boek werk dit, in die fliek lyk die jong, aantreklike prefek net nie soos ’n oortuigende inkarnasie van Woldemort nie.

Die belangrike rol wat Gilderoy Lockhart speel as skuifmeul vir Woldemort se wraakveldtog, en die interaksie tussen hom en professor Snerp — met die Kwiddiekwedstryd word dit nie eens duidelik gemaak dat dit Snerp is wat die Wreker so manipuleer dat dit Harry aanval nie.

Samevattend: ’n mens vóél nie die spanning opbou soos Woldemort se aanslae al erger raak met elke nuwe ongeval nie.

Sekerlik die grootste probleem met die verfilming van ’n komplekse speurverhaal is die beperking op verteltyd, ’n beperking wat die skrywer nie het nie (kyk maar hoe skouspelagtig teleurstellend was die fliek Smilla’s sense of snow in vergelyking met die boek). Vir my gevoel bestee Columbus te veel van sy kosbare verteltyd aan die aksietonele: die jaagtog deur die Kwiddiek-paviljoen toon te min afwisseling en hou hopeloos te lank aan; ook Ron en Harry se rit aan die begin in die vlieënde motor is onnodig lank. Die spinnekoppe in die betowerde woud was regtig vreesaanjaend, maar die eintlike groot aksietoneel, Harry se geveg met die basilisk, het my koud gelaat — Harry se pogings was eintlik lagwekkend.

Iets kleins, maar ’n voorbeeld van die tipe detail wat verwaarloos is: die komiese effek van Errol, Ron se uil, word wel gebruik, maar sonder die nodige verduideliking — wat baie kort kon gewees het — van hoe hy in die storie inpas.

Dan die toneelspel: Daniel Radcliffe as Harry was my ander groot teleurstelling. Sy spel is net te eenselwig en kleurloos en het glad nie gegroei van die eerste fliek nie. Ja, hy word stereotiep as die held/goeie outjie voorgestel, maar Rupert Grint (Ron) se rol is enige tyd net so stereotiep en hy kwyt hom strate beter van sy taak. Hermien (Emma Watson) is steeds hopeloos te mooi, ’n junior Hollywood-verleidster met haar pragtige bos hare los oor haar skouers. Sy is eenvoudig nie oortuigend as ’n nerderige slimkop nie. En Bonnie Wright as Ginny! Regtigwaar, hoekom sy die rol gekry, sal ek nie weet nie.

Nou ja, genoeg gekla. Hier is die dinge waarvoor die regisseur volpunte kry:

Dobbie die huiself kon ek nie beter in my verbeelding voorstel nie — sy hele lyftaal, die hangskouertjies, smekende oë en druipende ore (eggo’s van Star Wars?), sy agterstevoor logika en die onderdanige slawetaal wat hy praat, die vuil vadoek vir ’n kleed!

Kenneth Branagh as Gilderoy Lockhart was ’n nommerpas keuse, en Branagh vertolk dit met swierige oorgawe. So ook Jason Isaacs as Lucius Malfoy (onthou hom nog as die aaklige Britse kolonel in The Patriot?)

Die belangrike waarheid wat ten slotte deur Dompeldorius (’n Richard Harris wat vir my regtig op die rand van die dood gelyk het) verwoord word, naamlik dat die potensiaal vir goed en kwaad in ons elkeen lê, maar dat die verwesenliking daarvan by ons keuses berus, het die nodige diepte gehad en vorm ’n mooi sluitstuk — en toe word dit bederf deur die uitgerekte, ooremosionele slottoneel met Hagrid in die Groot Saal.

Helaas, helaas …


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.