FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Legally blonde (2001)

Coenraad Walters

Met: Reese Whitherspoon (Elle Woods), Luke Wilson (Emmett Richmond), Selma Blair (Vivian Kensington), Matthew Davis (Warner Huntington), Victor Garber (Prof Callahan), Holland Taylor (Prof Stromwell), Jennifer Coolidge (Paulette Bonafonte), Bruce Thomas (afleweringsbode).
Draaiboek: Karen McCullah Lutz en Kirsten Smith, gebaseer op Amanda Brown se roman.
Regie: Robert Luketic.


In die verhoor om Legally blonde se meriete te bepaal, sou ’n advokaat aan ’n getuie kon vra: “Kan ’n mens van ou stereotipes nog ’n onderhoudende verhaal saamstel?”

En die getuie sou kon antwoord: “Definieer onderhoudend.”

As die definisie is dat die verhaal ’n mens vermaak sonder dat jy enige verrassings verwag, dan het ons hier met ’n onderhoudende fliek te doen.

Hierdie indruk word versterk deur ’n knap-geskrewe draaiboek (veral in die skerp dialoog), hoë tegniese waardes en ’n uitstekende rolverdeling. Die wyse waarop hierdie prent gegiet is om die talent van Reese Whitherspoon, het my herinner aan Julia Roberts in Erin Brockovich en Renee Zellweger in Nurse Betty.

Whitherspoon, wat haar reeds as intelligente komediante onderskei het in prente soos Pleasantville, dra vrou-alleen hierdie verhaal wat ’n bietjie rondkrap in die stereotiepe voorstelling van blondines, maar nooit subversief en grensverskuiwend word (of wil wees) nie. Sy is tereg genomineer vir ’n Golden Globe as Beste Aktrise in ’n Komedie of Musical, en Legally blonde as Beste Komedie of Musical vir dieselfde toekenning.

Elle (Whitherspoon) is die tipiese blondine: nie heeltemal dom nie, maar mense het baie redes om so te dink. Haar hoofvak op kollege is die bemarking van modes, en bowendien is sy ’n bedorwe rykmanskind. Haar kêrel, Warner (Davis), is gekeur vir Harvard se regskool, en aangesien hy baie bewus is van sy gesig wat almal in die tipiese Amerikaanse kerngesin sal vertrou, bou hy nou reeds aan sy politieke loopbaan. Daarom raak hy nie verloof aan Elle nie — sy is nie naastenby ernstig genoeg om by sy beplande beeld te pas nie — maar verbreek hulle verhouding. (Sou jy ’n politikus vertrou wat getroud is met ’n vrou wat na ’n modetydskrif vernoem is?!)

Sy probeer hom terugwen deur self gekeur te word vir hierdie befaamde regskool, maar in hierdie proses waarin sy van haarself iets maak wat sy nie eintlik dink sy is nie, leer sy baie omtrent haarself, en omtrent ander mense, kry sy kans om haar hart van goud tot ander mense se voordeel aan te wend, en vermag sy die skynbaar onmoontlike — en alles stuur af (dit is immers ’n komedie) op ’n gelukkige einde.

Die meeste van die wendinge in hierdie strooiblondsage is van die “Ag nee, regtig”- of die “O asseblief!”-tipe, maar tog het ek die verhaal geamuseerd geniet tot by die verwagte slot. (Sou jy ’n advokaat met jou lewe vertrou as sy vernoem is na ’n modetydskrif?!)

Fliekvlooie wat soek na ’n prettige stukkie spookasemvermaak behoort Legally blonde bevredigend en genotvol te vind. Lesers wat dink ek oordeel negatief oor hierdie vorentoe skuif in Whitherspoon se loopbaan, moet maar self gaan kyk of hulle rede vir negatiwiteit kan vind: daar behoort genoeg te wees om oor te grinnik sodat hulle my sal vergewe as hulle hulself op ’n dwaalspoor bevind.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.