FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Birth

Suzette Myburgh

Spelers: Nicole Kidman, Cameron Bright, Danny Huston, Lauren Bacall, Anne Heche en ander
Regisseur: Jonathan Glazer
Vertoontyd: Vanaf 1 April

Reïnkarnasie is 'n onderwerp waaroor mense gewoonlik hewig verskil. Dié wat nie daaraan glo nie, maak dit summier af as blote twak. Tog kom die idee van sielsmaats - die geliefdes wat ewiglik verbonde is en, altyd op soek na mekaar, hemel en aarde sal beweeg om by mekaar uit te kom - meermale in die letterkunde voor. In hierdie slim psigodrama word die kyker geterg met die vraag: wat as reïnkarnasie tóg waar is?

In die eerste toneel draf 'n drawwer in swart geklee deur 'n skitterwit sneeulandskap. Daar is 'n gedrewenheid in sy tred, die kyker sien hom net van agter af. In 'n duikweg in wat Central Park in New York blyk te wees, kry hy 'n hartaanval en sterf. Onmiddellik word oorgeskakel na die geboorte van 'n babaseuntjie. Tien jaar later staan 'n lang, skraal vrou talmend by 'n graf, daarna klim sy by 'n man in 'n motor en hulle ry weg. Dan volg hul verlowingsparty in die weelderige dakwoonstel waarin die vrou, Anna (Nicole Kidman), se familie woon. Haar verloofde, Joseph (Danny Huston), vertel hoe hy jare lank moes sukkel om die jawoord uit haar te kry.

Die volgende dag, tydens die matriarg (Lauren Bacall) se verjaardagviering in die familiewoonstel, maak 'n tienjarige seun sy verskyning. Hy is Sean, sê hy, Anna se man wat tien jaar gelede gesterf het. Sy ouers, wat in 'n woonstelletjie op die grondvloer woon, se hulp word ingeroep, maar hoe almal hom ook al probeer oortuig dat dit 'n delusie is, hy hou voet by stuk. Hy stel voor dat Anna se broer, sy "gewese swaer", hom ondervra oor die familie, en elke vraag beantwoord hy vlot en seker. Niemand weet wat om met die kind te doen nie, en dié het net een doel voor oë: om te verhoed dat Anna en Joseph trou, want Anna behoort aan hóm. 'n Vrou se liefde kom te staan teen 'n vrou se haat, maar om meer te sê, sal die storie verklap.

Wat so bevredigend van hierdie film is, is hoe slim en subtiel dit gedoen is. Die inligting is alles dáár, maar niks word uitgespel nie Dit kos fyn kyk om die storie te ontrafel - ek het eers agterna, toe ek die leidrade begin terugspeur het, kon sien hoe alles inmekaarpas. ('n Wenk: let op die vroeëre tonele wat kort voor die einde herhaal word.) Maar dan sluit alles tot 'n hegte geheel in die besondere slottoneel, met die geliefdes se hunkering wat bittersoet by 'n mens bly draal.

Dit is egter die tipe fliek wat ek meen geen louwarm reaksie by kykers sal uitlok nie: óf hulle gaan behoorlik geïntrigeer wees, óf hulle gaan dit afskryf as 'n blote klomp nonsens, óf hulle gaan godsdienstige en/of gewetensbesware daarteen hê (die seksuele implikasies van die intrige spreek vanself en is nogal gewaagd). Die fliek is taamlik somber, met 'n besliste eeriness, goed ondersteun deur 'n klankbaan wat darem nie te clichéagtig (binne hierdie genre) is nie.

Nicole Kidman, wat verlede jaar grondig beïndruk het in Dogville, lewer weer die tipe spel wat bevestig dat sy as aktrise maar ernstig opgeneem kan word. Anne Heche as Sean se minnares was selde beter geplaas in 'n rol. Maar Lauren Bacall, desnieteenstaande die ék-is-die-ikoon-katgeveggie, se vertolking het nie veel beïndruk nie. Al die Oscars gaan egter aan die jong akteur Cameron Bright vir sy rol as Sean. Sy smeulende sensualiteit, vermeng met die onskuld en naïwiteit van 'n pre-puber, is 'n kragtoer - beslis 'n naam om dop te hou.

Óf jy moet onverwyld gaan kyk, óf jy moet heeltemal wegbly!



LitNet: 19 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.