FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

In the Bedroom

(2001)

Coenraad Walters

Met: Sissy Spacek, Tom Wilkinson, Marisa Tomei, Nick Stahl, William Mapother.
Draaiboek: Robert Festinger en Todd Field, gebaseer op ’n verhaal van André Dubus.
Regie: Todd Field.

Nes ’n mens begin wanhoop, dan tref die Amerikaanse filmbedryf jou met ’n fliek soos In the bedroom.

Die verhaal is eenvoudig: die egpaar Matt en Ruth Fowler (Wilkinson en Spacek) se student-seun Frank (Stahl) knoop ’n verhouding aan met ’n ouer vrou, Natalie Strout (Tomei), met twee seuntjies. Haar vervreemde man Richard (Mapother) raak gewelddadig weens frustrasie en jaloesie en Frank byt die spit af in sy poging om Natalie en die seuns te beskerm.

(Luister gerus mooi, vroeg in die fliek, tydens ’n toneel op die kreefboot, hoe die titel verduidelik word. En let op die ander moontlikhede wat visueel aangebied word.)

Om van hierdie verhaal ’n fliek van 130 minute te maak sonder om die kyker se aandag te verloor, sit nie in elke regisseur se klere nie. Die bykans minimalistiese draaiboek, die tooilose aanslag en die subtiele kamerawerk, wat die pragtige omgewing van die Amerikaanse staat Maine betrek, plaas ’n swaar las op die skouers van die akteurs — hulle moet met hulle spel die gate vul wat die balladeagtige spronge in die narratief laat.

En die akteurs laat beginner-regisseur Field nie in die steek nie. Selfs in die klein rolletjies val dit op hoe goed almal speel. Marisa Tomei vang die oorgang van blydskap na hulpelose hartseer pynlik goed vas. Stahl is oortuigend as die jong student wat sy toekoms probeer kies uit die verskillende opsies voor hom. Mapother lyk miskien te veel na ’n skuimbol, maar tog laat hy genoeg sien van die konflik en frustrasie in sy karakter.

Dis egter veral Wilkinson en Spacek wat kragtoere lewer. Die lang deel van die film tussen Frank se dood en die eerste werklike gesprek wat hulle met mekaar daaroor voer, bied aan albei die kans om die emosies wat vlak onder die oppervlak lê maar verbete daar gehou word, uit te beeld. Dis juis hierin waar die krag van die film lê: die subtiliteit van die draaiboek word ondersteun deur die onderspeelde voorstelling van die karakters.

Hoewel die onwrikbare logika van die slotgedeelte ’n mens bly meevoer, val dit byna uit die toon van die res van die film. Dit begin byna te naby beweeg aan ’n soort aksiefliek. Maar tog eindig die prent sonder om al die vrae wat opgewerp word, te beantwoord. Die impak daarvan huiwer nog lank na, selfs al dink jy dat daar min oorgedra is. In hierdie opsig herinner dit aan The wings of the dove, ook ’n fliek waarin die ontsteltenis groter was as die som van die dele.

Die tegniese aspekte van die rolprent word puik gehanteer. Die klankbaanmusiek is skaars, feitlik afwesig. Soos in die onlangse The deep end word die pragtige natuuromgewing deel van die intrige, sonder dat die kamera dit soos ’n toeris se video laat lyk.

Ten slotte is In the bedroom ’n uiters bevredigende rolprent waaroor ’n mens meer wil dink en voel as praat. Kykers wat ’n volledige STORIE soek, met aksie, spoed en alle los drade vasgebind, asook diegene wat hulle nie kan laat meevoer deur ’n stadige pas nie, moet maar liewer wegbly. Maar fliekvlooie wat subtiliteit en buitengewone spel waardeer, en nie omgee om hard te “werk” deur gate in te vul nie, behoort In the bedroom te waardeer. Sorg net vir ’n sensitiewe fliekgenoot!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.