FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Bend it like Beckham (2002)

Coenraad Walters

Met: Parminder K Nagra; Keira Knightley; Jonathan Rhys-Meyers; Anupam Kher; Shaheen Khan; Archie Panjabi; Ameet Chana
Draaiboek: Paul Mayeda Berges en Guljit Bindra
Regie: Gurinder Chadha

Helaas nie dikwels genoeg nie kom daar ’n fliek verby wat iets vir feitlik almal het, en waarheen jy die hele gesin, van Oupagrootjie tot Kleinsus, kan saamsleep en redelik seker kan wees almal sal dit geniet. So ’n fliek is Bend it like Beckham.

Dit sluit tematies aan by onlangse prente soos Billy Eliot (die talentvolle wat presteer ten spyte van sosiale en kulturele beperkinge), East is east (die spanning tussen tradisionele kulture en moderne Brittanje) en natuurlik enige sportfliek wat al sy sout werd was.

Jess (Nagra) is ’n Indiese meisie van die Sikh-kultuur met ’n verbysterende aanleg vir sokker: sy kan die bal om ’n draai skop soos die Engelse sokkerkaptein David Beckham. Haar ouers (Kher en Khan) is egter nie gelukkig met haar passie nie: hulle beskou die kleredrag as te ontblotend, en boonop moet sy leer kook en ’n man kry. Haar ouer suster, Pinky (Panjabi), staan op trou: sy het nie ’n probleem met die eise van haar kultuur nie.

Jules (eintlik Julia, gespeel deur Knightley) sien Jess eendag sokker speel in die park en nooi haar om te kom vir keuring by die plaaslike vroueklub. Jess word een van dié span se sterre, maar haar ouers weet dit nie. Selfs die afrigter, Joe (Rhys-Meyers), se pogings om met hulle te praat, val op dowe ore.

Met hierdie spanninge in plek ontvou ’n eind-goed-alles-goed verhaal wat miskien te goed is om waar te wees, maar ’n mens gee nie regtig om nie, want alles is so lekker! Die deurmekaarsny van die tradisionele troue en die Belangrike Finaal word baie goed hanteer, en bevat selfs ’n stukkie van “Nessun dorma”, Puccini se aria uit Turandot wat, danksy Pavarotti, met sokker geassosieer word.

Is die draaiboek te vol kwessies? Is daar te veel sake wat ingewerp word sonder dat dit vleis kry? Moontlik: benewens die konflik tussen ouers en kinders waarmee Jess, Jules en Joe sukkel, is seksualiteit en kulturele druk ook temas wat in meer as een situasie na vore kom. Die doel hiervan is moontlik om aan te toon dat ’n mens soortgelyke probleme en kwessies in alle kulture kry. Vir my is seker die snaaksste die tonele oor die vertoon van die jong meisies se borste: Julia se ma dink sportbra’s is so aaklig eenvoudig, die frilletjiemodelle is tog veel mooier; en die Indiese vrou wat die trouklere maak, beloof dat Jess se muskietbyte in haar ontwerp sal lyk soos “juicy juicy mangos”!

Soortgelyke treffende aanhalings deurspek die draaiboek: luister en kyk fyn vir subtiele spot oor haarlengte, die alomteenwoordigheid van selfone, en die bedreiging wat vaders vir jong liefde inhou.

Want natuurlik kom Kupido sake verder omkrap, en ten slotte kry Rhys-Meyers kans om ’n Allan Donald-beweging uit te voer (nee, ek mieks nie my sporte op nie!).

Die ligte aanslag en die klaarblyklike genot van die filmspan (gedemonstreer deur die liedjie tydens die slottitels — moenie dadelik loop nie!) maak van Bend it like Beckham ’n vreugde. As jy dit in die teater misloop, soek die video of wag vir televisie-uitsending. Almal wat voel dat die lewe soms te hard druk, kan baat by die sien hiervan!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.